1. |
Die plaaslike owerheidsverkiesings vind weer eersdaags plaas en in belang van demokrasie is die Wes-Kaap Onderwysdepartement versoek om weereens behulpsaam te wees deur skool- en ander onderwysgeboue as stemlokale beskikbaar te stel. Indien skole en kolleges dus in hierdie verband genader word, sal die Departement geen beswaar hê teen die verlening van sodanige goedkeuring nie.
|
2. |
Met die oog op die veiligheid van personeel en studente/leerders, asook die beskerming van skool-/kollege-eiendom, vergoeding vir skade, ens., moet daar egter in sodanige gevalle vooraf `n ooreenkoms tussen die betrokke munisipaliteit/plaaslike owerheid en die skool/kollege opgestel word.
|
3. |
Hoofde van onderwysinrigtings word versoek om die inhoud van hierdie minuut onder die aandag van hulle adviesrade/beheerliggame te bring.
|
GETEKEN: C.J. FOURIE
HOOF: ONDERWYS
DATUM: 2005:05:05
|