1. Skole is by wyse van Logistiekediensteminuut 0006/2005 van 28 Februarie 2005 versoek om aan te dui watter handboeke hulle vir 2006 vir die verskillende grade gaan aankoop. Lyste van sodanige titels moes saam met vorm WKOD 032 teen 25 April 2005 elektronies ingedien word.
2. Die WKOD het by die Uitgewersvereniging van Suid-Afrika (PASA) vasgestel dat die Leer- en onderrigondersteuningsmateriaal (LOOM) vir graad 7 en 10 nog nie beskikbaar is nie. Die LOOM vir hierdie grade sal egter beskikbaar wees by die uitstallings by die opvoederopleidingsessies gedurende die Junie 2005-skoolvakansie. Prinsipale sal dan in staat wees om ingeligte besluite te neem ten opsigte van die materiaal wat hulle vir hierdie grade sal benodig.
3. Die LOOM vir alle ander grade is beskikbaar en rekwisisies hiervoor moet steeds voor 25 April 2005 ingedien word by
Die LOOM-projekbestuurder
Blok C, Metropool-Oos
Nooiensfonteinweg
Kuilsrivier 
7580
4. Nie-artikel 21-skole word derhalwe versoek om die volgende te doen:
4.1 Die skedules vir alle grade BEHALWE graad 7 en 10 saam met hulle WKOD 032-vorms voor 25 April 2005 elektronies by die adres gegee in Logistiekediensteminuut 0006/2005 in te dien.
4.2 Die skedules van titels wat vir graad 7 en 10 aangekoop sal word, teen Maandag 1 Augustus 2005 by dieselfde adres (sien 4.1) in te dien.
4.3 ‘n Gedeelte van hulle toekenning wat bestem is vir die aankoop van LOOM terug te hou vir die aankoop van titels vir graad 7 en 10.
4.4 Rekwisisies vir LOOM voor 5 Augustus 2005 in te dien by
Die LOOM-projekbestuurder
Blok C, Metropool-Oos
Nooiensfonteinweg
Kuilsrivier 
7580
5. Artikel 21-skole moet die volgende doen:
5.1 Hulle skedules van titels vir alle grade behalwe graad 7 en 10 voor 25 April 2005 elektronies indien by die adres gegee in Logistiekediensteminuut 0006/2005.
5.2 Hulle skedules vir LOOM vir graad 7 en 10 voor 1 Augustus 2005 by dieselfde adres (sien 5.1) indien.
5.3 ‘n Gedeelte van hulle LOOM-begroting vir graad 7 en 10 terughou sodat die LOOM betyds bestel kan word om beskikbaar te wees wanneer skole in 2006 heropen.
6. ‘n Kurrikulumminuut rakende die vakkeuse vir graad 10 sal binnekort uitgereik word.
7. Dit is van kardinale belang dat alle skole aan bogemelde versoeke voldoen. Prinsipale moet asseblief verseker dat ‘n afskrif van hierdie minuut aan die voorsitter van die skoolbeheerliggaam gegee word.
8. U samewerking sal waardeer word.


GETEKEN: W.L. CARELSE
HOOF: ONDERWYS
DATUM: 2005:04:11