1. |
U IRP 5 / IB3(a)- sertifikate vir die 2004/2005 belastingjaar is ingesluit.
|
2. |
Die sertifikate moet oorhandig word aan die betrokke werknemers as hulle op u diensstaat is. Maak asseblief seker dat oorblywende sertifikate onmiddellik na die korrekte betaalpunte of woonadresse gestuur word of onder dekking van ‘n brief aan hierdie kantoor teruggestuur word.
|
3. |
Die meegaande kontrolestaat moet onmiddellik gesertifiseer en vir rekorddoeleindes gestuur word aan
Hoof: Onderwys
Wes-Kaap Onderwysdepartement
Belastingafdeling (7de Vloer)
Privaatsak 9114
Kaapstad
8000
|
4. |
Aangesien die belastingafdeling van die Departement gewoonlik oorval word met versoeke om die uitreiking van duplikaat IRP 5-sertifikate, is dit duidelik dat sommige werknemers nie die oorspronklike sertifikate as belangrik ag nie.
|
4.1 |
Werknemers word dus versoek om versigtiger te wees en om hulle sertifikate op ‘n veilige plek te bewaar om die uitreiking van duplikaat IRP 5-sertifikate tot die minimum te beperk.
|
4.2 |
Aangesien duplikaat IRP 5-sertifikate voorheen per hand uitgereik is, was die wagperiode relatief kort. Tans word duplikaatsertifikate egter slegs deur middel van die Persalstelsel uitgereik en een keer per week gedruk.
|
4.3 |
Voortaan sal slegs ‘n skriftelike versoek om ‘n duplikaat IRP 5-sertifikaat aanvaar word en so ‘n versoek moet vergesel word van ‘n beëdigde verklaring wat die verlies van die oorspronklike sertifikaat staaf.
|
4.4 |
Die departement ondersoek tans die moontlikheid van die instel van ‘n heffing op die uitreik van duplikaat IRP5-sertifikate .
|
5. |
Hierdie jaar se sluitingsdatum vir die indien van belastingopgawes by die Suid Afrikaanse Inkomste Diens is 08 Julie 2005 . In gevalle waar uitstel verlang word, is dit die belastingbetaler se verantwoordelikheid om sodanige uitstel by die Ontvanger van Inkomste aan te vra.
|
6. |
Maak asseblief seker dat die inhoud van hierdie omsendbrief onder die aandag van alle personeellede gebring word.
|
U samewerking word waardeer.
GETEKEN: J.J.L. VIVIERS
HOOF: ONDERWYS
DATUM: 2005:05:12
|