Navrae
Enquiries
IMibuzo
C. Louw
Telefoon
Telephone
IFoni
021 467 2917
Faks
Fax
IFeksi
021 467 5637
Verwysing
Reference
ISalanthiso
14/8/1
Wes-Kaap Onderwysdepartement
Western Cape Education Department
ISebe IeMfundo IeNtshona Koloni

MINUUT NR:  

DEA/0040/2005


AAN:   

 PRINSIPALE VAN OLSO/HOëR-/SEKONDêRE SKOLE, VOLWASSENE LEERSENTRUM- BESTUURDERS, HOOFDE VAN KOLLEGES WIE LEERDERS VIR DIE SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN INGESKRYF HET, OBOS DIREKTEURE, HOOF KURRIKULUMADVISEURS, KURRIKULUMADVISEURS, KRINGBESTUURDERS EN HOOFOPSIENERS


 

SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN: NOVEMBER 2005 EN MAART 2006 AANVULLEND: SPESIALE SKRYFBEHOEFTES


1. Die spesiale skryfbehoeftes wat aan leerders in sekere vakke uitgereik moet word, word op die aangehegte bylae A aangedui.
2. Die opsiener moet aan elke leerder ‘n antwoordboek uitreik ooreenkomstig die graad waarin die leerder die eksamen skryf.

Vir die eksamen in die volgende vakke hoef egter geen antwoordboeke aan die leerders uitgereik te word nie aangesien die vrae soms op die vraestelle self beantwoord word, terwyl antwoordvelle by andere ingesluit is:

Aardrykskunde HG/SG, Tweede Vraestel (Kaartwerk)
Musiek HG/SG, Eerste Vraestel (Harmonie en Komposisie)
Rekeningkunde HG/SG
Houtwerk SG (Tekene)
Technika (Siviel) HG/SG
Tegniese Tekene HG/SG
3. ‘n Leerder aan wie ‘n addisionele antwoordboek gegee word as hy/sy een versoek het, moet aangesê word om die tweede antwoordboek binne-in die eerste te plaas. U word versoek om ‘n aantekening te maak van al die addisionele antwoordboeke wat uitgereik word en om onmiddellik na afloop van die sitting vas te stel of hierdie boeke weer ingelewer is.
4. Goedgekeurde sakrekenaars mag gebruik word.(Sien bylae A)
5. Addisionele tekenpapier mag, indien nodig, aan ‘n leerder uitgereik word.
6. Elke skool/sentrum sal van genoegsame etikette en versendingsvorms (“despatch notes”) vir die terugsending van skrifte deur die betrokke koerierdiens voorsien word.
7. Prinsipale word versoek om die inhoud van hierdie eksamenminuut onder die aandag van alle leerders te bring.


GETEKEN: A.P. CLAUSEN
HOOF: ONDERWYS
DATUM: 2005:08:31


Meld asseblief verwysingsnommers in alle korrespondensie / Please quote reference numbers in all correspondence /
Nceda ubhale iimombolo zesalathisa kuyo yonke imbalelwano
Grand Central Towers, Laer-Parlementstraat, Privaatsak X9114, Kaapstad 8000
Grand Central Towers, Lower Parliament Street, Private Bag X9114, Cape Town 8000
WEB: http://wced.wcape.gov.za
INBELSENTRUM / CALL CENTRE
Indiensneming- en salarisnavrae / Employment and salary queries: 0861 92 33 22
Veilige Skole / Safe Schools: 0800 45 46 47

Die volgende dokument(e) het betrekking op hierdie minuut.
Adobe Acrobat Reader® word benodig om hierdie dokumente te lees / druk.
Kliek op die onderstaande titel:  die dokument sal in Adobe Acrobat Reader® oopmaak waar u dit kan lees en/of druk.
Kliek op die WKOD-aanlyn logo aan die bokant van die skerm om terug te keer na die minuut.
Bylae A  (grootte: 9 KB)