1. |
Die Senior Sertifikate van suksesvolle kandidate asook die vaksertifikate van onsuksesvolle kandidate wat by u skool of sentrum geregistreer was vir die November 2004 eksamen word hierby ingesluit 1 vir verspreiding aan die betrokke kandidate.
|
2. |
Alle kandidate is reeds deur middel van die Inligtingsbrosjure vir Senior Sertifikaat-kandidate 2004, [paragraaf 13,] verwittig dat hul Senior Sertifikate teen einde Mei 2005 uitgereik sal word en beskikbaar sal wees by hul skool van bywoning.
|
3. |
Neem asseblief kennis dat kandidate wat vir die Aanvullingseksamen in Maart 2005 geregistreer het se sertifikate nie hierby ingesluit is nie. Dié sertifikate sal op `n later stadium aan prinsipale voorsien word.
|
4. |
`n Lys van geskandeerde sertifikate wat vanaf UMALUSI ontvang was, word vir u gerief ingesluit 1.
|
5. |
Benewens die bogenoemde is ook ingesluit 1 ‘n lys van kandidate wat by u skool of sentrum geregistreer het vir die November 2004-eksamens, sodat prinsipale kan seker maak watter sertifikate , indien enige, uitstaande is. Prinsipale word versoek om op skrif enige probleme en uitstaande sertifikate in hierdie besending aan hierdie Departement te rapporteer binne 14 dae na die ontvangs daarvan.
|
6. |
Prinsipale word ook vriendelik versoek om `n volledige rekord by te hou van die Ontvangserkenning van sertifikate 2 deur die kandidate. Let asseblief daarop dat enige persoon wat vir ontvangs van `n Senior Sertifikaat teken, `n geldige identiteitsdokument moet toon.
|
8. |
U samewerking in hierdie verband sal hoog op prys gestel word. |
GETEKEN: A.P. CLAUSEN
HOOF: ONDERWYS
DATUM: 2005:06:02
|