1. |
Die gemeenskaplike rooster vir die eksamen van BOOV-vlak 3-leerders in Oktober-November 2005 is aangeheg. |
2. |
Die eksamen neem op 31 Oktober 2005 'n aanvang en sal op 3 November 2005 ten einde loop. Elke leerarea sal tussen 18:00 en 20:30 geskryf word. Hierdie assessering word deur die Wes-Kaap Onderwysdepartement (WKOD) voorsien om leerders te help om die noodsaaklike vaardighede vir die skryf van die vlak 4-eksamen te ontwikkel. Sentrums word dus versoek om by die rooster te bly en die eksamen op dieselfde wyse as vir vlak 4 te hanteer. |
3. |
Vir administratiewe doeleindes is dit belangrik dat sentrumbestuurders voor die aanvang en aan die einde van elke assesseringsessie by die sentrums moet wees. |
4. |
Indien die assessering op die perseel van `n hoofstroomskool plaasvind, moet die sentrumbestuurder vooraf reëlings tref vir die gebruik van die kluis, die administrasiegebou, klaskamers, ablusiegeriewe, ens. |
5. |
Sentrums moet die rooster onmiddellik aan alle kandidate en opvoeders beskikbaar stel sodat hulle finale reëlings vir die summatiewe assessering kan tref. |
6. |
Sentrumbestuurders moet al hulle kandidate daaraan herinner dat hulle voor die aanvang van elke assesseringsessie hulle identiteitsdokumente en toelatingsbriewe sal moet toon. |
7. |
Dit sal opreg waardeer word indien u aan alle kandidate die WKOD se beste wense met die eksamen sal oordra. |
GETEKEN: JP RAULT-SMITH
HOOF: ONDERWYS
DATUM: 2005:09:21
|