1.1 |
Die Wes-Kaap Onderwysdepartement (WKOD) kondig met graagte aan dat Woolworths twee beurse in die veld van tekstielontwerp en -tegnologie sal borg as deel van hulle volgehoue verbintenis tot ontwerpopleiding.
|
1.2 |
Die beurde is vir die drie opeenvolgende akademiese jare, 2006 tot 2008, en geskikte kandidate wat kuns-en-ontwerpvakke vir graad 12 Senior Sertifikaat aanbied, mag aansoek doen. (Sien Bylae A vir volledige besonderhede.)
|
1.3 |
Die waarde van elke beurs is R75,000. Die bedrag sal in fases uitbetaal word soos wat die student suksesvol vorder deur die driejaarkursus, d.w.s. R25,000 per beurswenner per jaar.
|
1.4 |
Die beurswenner moet aan die Kaapse Skiereiland Universiteit van Tegnologie (KSUT) studeer.
|
1.5 |
Die beurswenners moet aan die toelatingsvereistes van die KSUT voldoen.
|
1.6 |
Alle beursaansoekers moet deelneem aan ‘n driefase-verkiesingsproses.
|
1.7 |
Beslissings is finaal gedurende al die fases van die verkiesingsproses.
|
2. |
BEURSTOEKENNINGSVOORWAARDES
|
2.1 |
Die beurse sal soos volg toegeken word:
|
2.2 |
Beide beurse sal toegeken word slegs op grond van meriete, en sonder om afbreuk te doen aan uitnemendheid.
|
2.3 |
Die beurswenners sal onder ‘n verpligting wees om werkervaring by Woolworths op te doen gedurende hul studies.
|
2.4 |
By suksesvolle voltooiing van hulle studies, sal die twee beurswenners op voltydse basis gekontrakteer word by Woolworths vir ‘n tydperk gelykstaande aan die duur van die kursus, d.w.s drie jaar.
|
2.5 |
Bylae A voorsien gedetailleerde inligting oor die verkiesingsproses.
|
2.6 |
Onderwysers wat kuns-en-ontwerpvakke in graad 12 aanbied moet besondere aandag gee aan paragraaf 1: Interne verkiesingsprosedure en paragraaf 5: Tydsbestek, sodat hulle onmiddellik hulle drie beste beursaansoekers kan identifiseer wat na die volgende fase van die proses sal deurdring.
|
2.7 |
Prinsipale word vriendelik versoek om hierdie omsendbrief onder graad 12-onderwysers van kuns-en-ontwerpvakke vir die Senior Sertifikaat te versprei. |
GETEKEN: J.P. RAULT-SMITH
HOOF: ONDERWYS
DATUM: 2005:08:19
|