Die volgende dien as voorbeeld van ‘n vraag en die wyse waarop antwoorde geassesseer sal word:
VRAAG
Jy is die kredietbestuurder van Maatskappy XXX. Die maatskappy se beleid aangaande die toestaan van krediet sal hersien moet word ten einde slegte skuld te voorkom. Lê jou aanbevelings aan die res van die bestuur voor.
(Totaal: 50 punte Inhoud: 44 punte Insig: 6 punte)
LET WEL: Indien ‘n gevallestudie in die vorm van ‘n bylae voorsien word ten einde die kandidaat meer inligting te gee oor die situasie wat in die vraag gegee word, word daar van die kandidaat verwag om daardie inligting toe te pas in sy of haar beantwoording van die vraag.
Die inhoud van die antwoord op bogenoemde vraag sal dus die volgende insluit:
Inleiding: Skep die agtergrond
Bespreking: Kredietbepalings; bepaling van kredietwaardigheid;
voorwaardes vir die toestaan van krediet;
pligte van die kredietafdeling;
en invordering van agterstallige rekeninge.
Samevatting: Moontlike invloed op slegte skuld en winsgewendheid
‘n Minimum en maksimum aantal punte sal aan die verskillende afdelings van die antwoord toegeken word en ‘n kadidaat moet dus seker maak dat hy of sy die nodige aandag aan al die afdelings van die antwoord bestee.
Die puntetoekenning kan soos volg wees (indien elke feit 2 punte tel):
Kredietbepaling Maksimum van 12
Kredietwaardigheid Maksimum van 12
Voorwaardes vir die toestaan van krediet Maksimum van 12
Pligte van die kredietafdeling Maksimum van 14
Agterstallige rekeninge Maksimum van 12
Die maksimum aantal puntewat toegeken kan word vir feitelike inligting wat deur ‘n kandidaat voorsien word, is in hierdie geval 44 punte. ‘n Kandidaat kan dus slegs volpunte vir die volledige vraag ontvang indien al die afdelings bespreek is. (Verwys na die matriksvereiste: Uitleg)
Die kandidaat se punt vir insig (‘n maksimum van 6 punte in hierdie geval) sal bepaal word deur van ‘n matriks soos die volgende gebruik te maak:
Kriteria | Punte |
| 0 punte | 1 punte | 2 punte |
Interpretasie | Het die vraag heeltemal misverstaan | Het sommige aspekte van die vraag korrek verstaan; antwoord is nie heeltemal toepaslik nie | Het die vraag korrek verstaan en het 'n toepaslike antwoord opgestel |
Gepastheid | Antwoord is nie toepaslik nie | Het 'n onvolledige antwoord opgestel en het ontoepaslike inligting ingesluit | Het 'n volledige antwoord gekies en opgestel; all toepaslike inligting is ingesluit |
Uitleg | Ongestruktureerd | Het 'n poging aangewend om die antwoord te struktureer / het sommige aspekte van die vraag aangespreek | Het 'n gepaste struktuur voorsien / het alle aspekte van die vraag aangeraak |
(LET WEL: Hierdie matriks sal óf in die die antwoordboek óf in die eksamenvraestel aan die kandidate voorsien word.) |