1. |
Die aangehegte rooster vir die BOOV-vlak 4-eksamen in Junie 2005 is van die Nasionale Departement van Onderwys ontvang. Die eksamen sal op 1 Junie 2005 ‘n aanvang neem en op 23 Junie 2005 ten einde loop. Elke leerarea sal van 14:00 tot 17:00 geskryf word. Aangesien hierdie assessering `n nasionale proses is, is die datums en tye landswyd van toepassing en geen afwyking van die rooster kan toegelaat word nie.
|
2. |
Soos in die verlede sal die eksamenproses deur OBOS- en Hoofkantooramptenare en UMALUSI-verteenwoordigers gemonitor word.
|
3. |
Indien die assessering op die perseel van `n hoofstroomskool plaasvind, moet die sentrumbestuurder vooraf reëlings tref vir die gebruik van die kluis, die administrasiegebou, klaskamers, ablusiegeriewe, ens.
|
4. |
Sentrums moet verseker dat hulle hoofopsieners en opsieners goed opgelei en bevoeg is om die administrasie van die eksamen te behartig.
|
5. |
Ten einde in staat te wees om die administratiewe sake te bestuur, moet sentrumbestuurders voor die aanvang en aan die einde van elke assesseringsessie by die eksamensentrums wees.
|
6. |
Geen persoon mag die eksamenlokaal binnegaan tensy hy of sy 'n wettige identifikasiekaart getoon het nie.
|
7. |
Sentrumbestuurders word ook versoek om
|
7.1 |
so gou as moontlik die rooster aan al hulle opvoeders en kandidate beskikbaar te stel sodat hulle hulle finale reëlings vir die eksamen kan tref.
|
7.2 |
al hulle kandidate daaraan te herinner dat hulle identiteitsdokumente en toelatingsbriewe voor die aanvang van elke assesseringsessie getoon moet word.
|
7.3 |
namens die Wes-Kaap Onderwysdepartement al hulle kandidate voorspoed met die assessering toe te wens.
|
GETEKEN: D.R. SHEPHERD
HOOF: ONDERWYS
DATUM: 2005:05:05
|