1. |
Ter ondersteuning van die implementering van die Hersiene Nasionale Kurrikulumverklaring (HNKV) in graad 7 en die Nasionale Kurrikulumverklaring (NKV) in graad 10 in 2006, en veral ter ondersteuning van Tale, Wiskunde en Wetenskap, onderneem die Wes-Kaap Onderwysdepartement 'n spesiale projek om 'n handboek per leerder vir elk van die volgende te voorsien:
Graad 7: Tale: Eerste Addisionele Taal - geïntegreerde taalhandboek
Wiskunde
Natuurwetenskap
Graad 10: Tale: Huistaal - geïntegreerde taalhandboek
Tale: Eerste Addisionele Taal - geïntegreerde taalhandboek
Wiskunde of Wiskundige Geletterdheid
Natuur- en Skeikunde (waar van toepassing)
|