1. |
Die Wes-Kaap Onderwysdepartement ondersoek tans verskeie fasette van koshuise. ‘n Vraelys is opgestel en amptenare sal die betrokke skole besoek om die vraelys daar in te vul. U word versoek om u samewerking te gee deur die amptenaar te ontvang en die nodige inligting aan hom of haar te verskaf. |
2. |
Die beoogde besoek sal tussen 19 April 2004 en 30 April 2004 plaasvind en die amptenaar sal u minstens 3 dae voor die tyd skakel om ‘n afspraak te reël. Die invul van die vraelys behoort hoogstens een uur te neem indien die inligting geredelik beskikbaar is. |
3. |
U word derhalwe versoek om die volgende inligting, soos van toepassing op die koshuis verbonde aan die skool, beskikbaar te hê vir die onderhoud: |
3.1.3 |
Staatsdienspersoneel |
3.2.1 |
Vir leerders/kosgangers soos deur koshuis gehef |
3.2.2 |
Vir superintendent en gesin |
3.2.3 |
Vir toesighouer(s) en gesin(ne) |
3.2.4 |
Vir Staatsdienspersoneel |
4. |
Inkomste- en uitgawestate vir 2003 |
5. |
Munisipale tariewe (afskrifte van Okt. 2003, Nov. 2003 en Des. 2003 se rekenings) |
6.1 |
Getal seuns/meisies geakkommodeer en grade |
6.2 |
Getal wat minder as 5km vanaf koshuis woon |
6.3 |
ThGetal leerders uit ander provinsies/lande |
6.4 |
Kapasiteit van koshuis S.D. |
6.5 |
Getal aansoeke in 2003 vir 2004 ontvang |
6.6 |
Getal aansoekers nie aanvaar nie |
7. |
Indien u koshuis 'n besondere probleem ervaar, stel dit asseblief op skrif en oorhandig die dokument aan die amptenaar wat u besoek. |
U samewerking sal waardeer word.
GETEKEN: W.L. CARELSE
HOOF: ONDERWYS
DATUM: 2004:03:23
|