1. |
Die ingeslote briefhoofde vertoon die logo ten opsigte van Suid-Afrika se 10 jaar van demokrasie aan en sal van nou af tot 30 April 2005 gebruik word. Daarna sal die gewone briefhoof weer in gebruik wees. |
2. |
Voorbeeld 1 moet gebruik word vir gewone briewe. Voorbeelde 2 tot 4 moet gebruik word vir omsendbriewe. Die Ministeriële briefhoofde is vir die uitsluitlike gebruik van die Kantoor van die Minister. |
3. |
OBOS-direkteure moet asseblief seker maak dat personeel die formaat op hulle rekenaars registreer nadat dit in ooreenstemming met die volgende riglyne aangepas is om individuele OBOS'e se besonderhede te vertoon. |
4.1 |
Geen bykomstige logo's mag op die briefhoof aangebring word nie. |
4.2 |
Die taalvolgorde vir alle briefhoofinligting bly Afrikaans, Engels, Xhosa. |
4.3 |
Die naam en posadres van die OBOS moet onderaan die briefhoofbladsy aangebring word. Slegs bladsy 1 van alle dokumente is 'n briefhoofbladsy. Die adres moet slegs in Afrikaans en Engels gegee word aangesien die Poskantoor se outomatiese adreslesers slegs hierdie twee tale kan interpreteer. |
4.4 |
Die teks sal nie nader as 1,2 cm aan die voetnota van die briefhoofbladsy druk nie. |
4.5 |
Die bladsye na die briefhoofbladsy sal outomaties vanaf 2 genommer word. |
4.6 |
Die teks van die bladsy waarop die briefhoof verskyn, sal ten volle gejusteer wees. |
4.7 |
Die volgende moet links boaan die briefhoofbladsy ingevul word: |
4.7.1 |
Die persoon aan wie navrae gerig kan word se titel, voorletter(s) en van |
4.7.2 |
Bogenoemde persoon se telefoon- en faksnommers |
4.7.3 |
Die lêerverwysingsnommer |
4.7.4 |
Die verwysingsnommer van die Gevallebestuurstelsel (GBS) |
4.8 |
Die Times New Roman-font (8-lettergrootte) moet gebruik word wanneer die standaard briefhoof aangepas word. Die Arial-font moet vir die inhoud van die brief gebruik word. Kantlynspasies moet nie verander word nie. |
5. |
Die datum verskyn onder die ondertekenaar se ampsbenaming en word met die hand ingeskryf deur die persoon wat die brief onderteken. |
6. |
Briewe afkomstig van Hoofkantoor word normaalweg deur of namens die HOOF: ONDERWYS onderteken en briewe afkomstig van 'n OBOS deur of namens die OBOS-direkteur. |
7. |
Die voorskrifte van hierdie minuut moet streng nagekom word. |
8. |
Bring asseblief die inhoud van hierdie minuut onder die aandag van alle personeellede. |
9. |
Enige verdere navrae oor die inhoud van hierdie minuut kan aan een van die volgende persone gerig word:Mnr. PA Venter - 021 467 2816
Me. ME Erasmus - 021 467 2765 |
GETEKEN: C.J. FOURIE
HOOF: ONDERWYS
DATUM: 2004:03:30
|