1. |
Die Departement van Gesondheid het die Wes-Kaap Onderwysdepartement (WKOD) in kennis gestel van hulle beplande massaveldtog vir immunisering teen polio en masels vir kinders onder die ouderdom van 5 jaar. |
2. |
Die WKOD ondersteun hierdie inisiatief en versoek dat alle skole by hulle onderwysers, nie-onderwyspersoneel en leerders sal aandring om ouers en versorgers van kinders sterk aan te moedig om kinders onder die ouderdom van 5 na die naaste gesondheidskliniek of immuniseringspunt te neem tydens elk van die volgende periodes:
Eerste rondte immuniserings: 26 - 30 Julie 2004
Tweede rondte immuniserings: 30 Augustus - 3 September 2004
|
3. |
Dit is belangrik vir skole om ouers en versorgers daaraan te herinner dat kinders vir albei rondtes immunisering geneem moet word. |
4. |
Vir meer inligting word skole verwys na die aangehegte kennisgewing, persvrystelling en dokument getiteld Measles and Polio: Questions and Answers. |
5. |
Bring asseblief die inhoud van hierdie minuut en meegaande dokumente onder die aandag van alle onderwysers, nie-onderwyspersoneel en leerders. |
GETEKEN: F.A. BOOYSE
HOOF: ONDERWYS
DATUM: 2004:07:23
|