Soos aangedui in paragraaf 9.2 van Omsendbrief 0233/2003 van 2 Desember 2003, sal die Wes-Kaap Onderwysdepartement (WKOD) elke jaar slegs een vakaturelys vir posvlak 1-poste uitreik. Bevorderingsposte (insluitende skoolhoofposte) sal egter met gereelde tussenproses in die loop van die jaar geadverteer word.
2.
Advertensievorms moet teen nie later nie as vier weke voor die datum van publikasie van die betrokke vakaturelys by die WKOD ingedien word. Skoolhoofde moet asseblief daarop let dat geen laat advertensies van vakante poste aanvaar sal word nie. Dit is dus van die uiterste belang om te verseker dat advertensies vóór die sluitingsdatum by die WKOD ingedien word. Eweneens sal geen aansoeke om geadverteerde poste wat na die sluitingsdatum ontvang word, aanvaar word nie.