1. |
Die Wes-Kaap Onderwysdepartement (WKOD) maak met genoeë bekend dat die WKOD-webblad, WCED Online ( http://wced.wcape.gov.za ) nou die volgende twee dienste aan hoofde van opvoedkundige inrigtings bied. |
1.1 |
'n Teacher Finder-databasis wat die name en besonderhede van werklose opvoeders bevat. Dit sal hoofde in staat stel om geskikte personeel te identifiseer om die vakante poste op hulle diensstate te vul. |
1.2 |
'n Appointment Tracker: temporary/contract educators-databasis wat die aanstelling van tydelike en plaasvervangeropvoeders monitor. Dit sal hoofde in staat stel om die status van die aanstellingsproses rakende tydelike en plaasvervangeropvoeders na te gaan. |
2. |
Albei hierdie fasiliteite/databasisse kan bereik word deur op die volgende wyse by die WKOD-webblad aan te meld:
Gaan na die WKOD-tuiste: http://wced.wcape.gov.za
Gaan na at your service
Kliek op Administrators
Kliek op Teacher Finder/Appointment Tracker: temporary/contract educators
Aanmeldskerm verskyn
Tik gebruikers-ID in (Obis- (Emis) nr.)
Tik wagwoord (Pin-nr.) in
Kliek op execute
Maak Personnel Management Menu oop
Kliek op Teacher Finder/Appointment Tracker: temporary/contract educators
Kies die toepaslike databasis
|
3. |
Die databasis is selfverduidelikend en gebruikersvriendelik en hoofde kan enige inligting rakende die opvoeders wat op die databasis geregistreer is, aanvra. |
GETEKEN: R.B. SWARTZ
HOOF: ONDERWYS
DATUM: 2004:03:10
|