1. |
Die UNESCO-geïnisieerde Wêreldboekdagviering vind jaarliks plaas op 23 April, William Shakespeare se geboortedatum, wat vanjaar op 'n Vrydag val. Die tema vir die dag, LEES: 'N EWIGDURENDE REIS, reflekteer die belangrikheid van leesvaardighede in lewenslange leer, intellektuele ontwikkeling en psigologiese welstand. |
2. |
Aangeheg is 'n lys van voorstelle, saamgestel deur die personeel van EDULIS (WKOD- onderwysbiblioteek en -inligtingsdiens), vir skoolgebaseerde aktiwiteite om Wêreldboekdag op lonende en genotvolle wyse uit te lig. |
3. |
'n Kleurvolle plakkaat wat die gees van Wêreldboekdag uitbeeld, sal soos volg beskikbaar gemaak word: |
3.1 |
Die SAUK sal die plakkaat laat in Februarie 2004 gratis saam met 'n opvoedkundige bronnepakket aan alle primêre skole versprei. |
3.2 |
Sekondêre skole kan die plakkaat by hulle onderskeie OBOS'e afhaal. |
4. |
Skole word aangemoedig om erkenning te verleen aan die waarde van lees deur op Wêreldboekdag met entoesiasme aan leesgebaseerde aktiwiteite deel te neem. |
4.1 |
Skole kan reeds lank voor die tyd bloklenings van boeke van die EDULIS-biblioteek aanvra vir gebruik op Wêreldboekdag. |
4.2 |
Daar moet ook gebruik gemaak word van die boeke wat ooreenkomstig die 100+ Boekprojek aan Grondslagfaseklaskamers voorsien is. |
GETEKEN: M.J. CHILES
HOOF: ONDERWYS
DATUM: 2004:12:03
|