1. |
Die Nasionale Intelligensie Agentskap (NIA) het 'n pro forma-verklaringsdokument ontwerp wat deur alle individue wat werksaam is binne die Provinsiale Regering van die Wes-Kaap (PRWK) voltooi moet word vir elke insident of toekomstige insident van kontak met buitelandse burgers/sendings/organisasies. |
2. |
Die Provinsiale Hoof: NIA Wes-Kaap het dus versoek dat amptenare verbonde aan die Wes-Kaap Onderwysdepartement die vereiste verklaringsvorm wat ongelukkig vanweë sy oorsprong slegs in Engels beskikbaar is, moet voltooi as hulle in aanraking was of sal kom met buitelandse burgers/sendings/organisasies. Voltooide verklarings moet ingedien word by mnr JT Solomons, Direktoraat: Logistieke Dienste, Kamer 605 (Telefoon: 467 2818) vir deursending na die Kantoor van die Direkteur-Generaal (dr Lawrence), wat geïdentifiseer is as die nodus vir die rapportering van kontak. |
3. |
Bring asseblief die inhoud van hierdie minuut onder die aandag van al die betrokke amptenare. |
GETEKEN: W.L. CARELSE
HOOF: ONDERWYS
DATUM: 2004:10:01
|