1. |
Die DASS-portefeulje vir LATYN HG 2004 moet die Departement nie later nie as 15 Oktober 2004 bereik. Dit moet die volgende bewysstukke bevat, vergesel van ‘n puntelys ( Addendum A ) waarop die punte aangepas is soos aangedui:
Die Junie-en September-eksamenvraestelle, plus die leerder se antwoorde van:
Vraestel I (Voorgeskrewe literatuur: taal, vertaling, begrip, skandering) 50
Vraestel II (Onvoorbereide vertaling) 25
Drie werkstukke 25
Totaal 100
|
2. |
Die Departement sal die gerekenariseerde puntestaat vir die Latyn HG (DASS-portefeulje) direk aan die betrokke moderator stuur. |
3. |
Vir die klassieke kultuur word u aandag gevestig op die FINALE LYS VAN VOORGESKREWE WERK VIR LATYN HG: KLASSIEKE KULTUUR: GRAAD 11 (2003) EN GRAAD 12 (2004), asook RIGLYNE: LATYN HG 2000: WERKSTUKKE. |
4. |
Die werkstukke, in chronologiese volgorde gerangskik en vergesel van die voltooide puntestaat ( afskrif aangeheg, Addendum B ), moet by die portefeulje ingesluit word. Skole mag bykomende afskrifte van die punteblad maak. |
5. |
Drie werkstukke moet voltooi word, ten minste een uit die Voorgeskrewe Literatuur Afdeling en ten minste een uit die Algemene Agtergrond Afdeling. Al drie werkstukke se gewig is dieselfde (331/3%). Elke werkstuk tel 50 punte, en die totaal (150) word verwerk na 25 punte. Slegs een werkstuk mag oor ‘n spesifieke tema gedoen word. ‘n Amptelike puntestaat ( afskrif aangeheg, Addendum C ) moet elke werkstuk vergesel. Verskaf ook ‘n alfabetiese lys van kandidate met die titels van elke kandidaat se werkstukke chronologies gerangskik. |
6. |
Portefeuljes sal op skriftelike versoek van skoolhoofde, na die bekendmaking van die uitslae, aan skole teruggestuur word. |
GETEKEN: A.P. CLAUSEN
HOOF: ONDERWYS
DATUM: 2004:08:23
|