1. |
Ingevolge die moniteringsprotokol van 2003 wat op beide die Senior Sertifikaat- en die VBOO-vlak 4-eksamens van toepassing is, sal laasgenoemde eksamens weer vanjaar as deel van die kwaliteitsversekeringsverantwoordelikhede van die Departement van Onderwys gemonitor word. |
3. |
Elke span moet gedurende die eksamentydperk ten minste een VBOO-sentrum per week besoek (d.w.s. 'n totaal van 3 besoeke) en op 7 Junie, 14 Junie en 21 Junie 2004 verslag doen aan die gedelegeerde OBOS-assesseringsverteenwoordiger. |
4. |
Die OBOS-assesseringsverteenwoordiger moet die standaard verslagformaat gebruik om die moniteringspan se verslae saam te vat. Hierdie samevattings van die verslae moet op 9 Junie, 17 Junie en 23 Junie 2004 aan die Eksamenmoniteringskoördineerder (Mnr T.J. Magwaca) gestuur word. |
5. |
Afgesien van die intensiewe monitering wat vir UMALUSI gedoen word, moet OBOS'e die instrument ABET M2B Report on Monitoring of ABET Level 4 Examination gebruik om minstens 50% van alle sentrums wat aan die VBOO-eksamens deelneem, te monitor. Hierdie instrument kan gebruik word deur alle ander amptenare wat VBOO-eksamensentrums besoek. |
GETEKEN: J.P. RAULT-SMITH
HOOF: ONDERWYS
DATUM: 2004:05:11
|