1. |
Soos in Omsendbrief 215/2003 genoem is, is die finale voorstelle vir die Nasionale Kurrikulumverklaring (NKV) verlede jaar goedgekeur. Die kennisgewing verskyn in Staatskoerant 25545, Kennisgewing 1407 van 6 Oktober 2003. Dit kan aanlyn besigtig word hier (grootte: 211 KB) of by "http://www.gov.za/gazette/notices/2003/25545.pdf" |
2. |
Afskrifte van dokumente sal soos volg beskikbaar gestel word: |
2.1 |
Een bekendstellingsafskrif van die NKV vir die Verdere-Onderwys-en-Opleiding- (VOO-) band wat die Oorsig, die Kwalifikasies en Assesseringsbeleidsraamwerk, graad 10 - 12 (Algemeen) en individuele dokumente vir 21 vakke insluit, sal in Maart 2004 deur nasionale Onderwysdepartement aan alle skole voorsien word. Prinsipale word versoek om toe te sien dat elke VOO-onderwyser die Oorsig, die Kwalifikasies en Assesseringsbeleidsraamwerk en sy of haar vakdokument, indien dit ingesluit is, sal lees. Daarna moet die prinsipaal 'n stel dokumente as verwysingsmateriaal bewaar. |
2.2 |
Drie werkkopieë sal later vanjaar aan elke skool gestuur word. |
2.3 |
Die volle stel NKV-dokumente is beskikbaar op die webbladsy, "Further Education and Training (Schools)" by die WKOD se Kurrikulumwebtuiste (http://curriculum.wcape.school.za/index), onder die opskrif “Policies, Circulars, Guidelines and Learning Support”. |
2.3.1 |
Die dokumente is tans net in Engels beskikbaar, maar die WKOD tref reëlings vir die vertaling hiervan in Afrikaans. |
3. |
Die volgende dokumente word nog voorberei: |
3.1 |
Die dokumente in die 11 amptelike tale word tans hersien en geredigeer en sal later vanjaar aan skole gestuur word. |
3.2 |
Weergawes van vakdokumente oor die volgende word opgestel en sal later vanjaar beskikbaar wees: Hindoe, Oerdoe, Tamil, Teloegoe, Frans, Arabies, Italiaans, Duits, Portugees, Spaans, Hebreeus en Latyn. Hierdie vakke sal op aanvraag aangebied word. |
3.3 |
Tegnologie: Meganies, Tegnologie: Elektries en Ingenieursgrafika word in ooreenstemming gebring met soortgelyke kursusse in die VOO-band, en dokumente daaroor sal later vanjaar versprei word. |
3.4 |
Werk aan die ontwikkeling van vakverklarings in Tegnologie: Siviel en Godsdiensstudies sal in Maart 2004 'n aanvang neem. |
4. |
Die volgende opleiding word reeds verskaf: |
4.1 |
Onderwysers is besig om tyd te spandeer aan die CD-ROM in die WKOD se multimediapakket. Ons sien daarna uit om terugvoering van onderwysers en prinsipale oor hierdie proses te ontvang. |
4.2 |
'n Loodsstudie oor die opleiding van VOO-Lewensoriënteringsonderwysers in "Persoonlike Ontwikkeling" word onderneem. |
4.3 |
'n Opleidingsprogram word aan 400 VOO-onderwysers aangebied oor Beroepsleiding. |
4.4 |
Gevorderde Onderwyssertifkaat-(GOS-)kursusse is gereël vir onderwysers wat Wiskundige Geletterdheid sal aanbied. |
5. |
Hoofde van onderwysinrigtings word versoek om die inhoud van hierdie omsendbrief onder die aandag van alle opvoeders, leerders en ouers/voogde te bring. |
6. |
Navrae aangaande die inhoud van hierdie omsendbrief kan gerig word aan die direkteure en hoofkurrikulumadviseurs wat aan OBOS'e verbonde is. |
7. |
Vir verdere nuus oor die nuutste ontwikkelings, kan u die VOO-webbladsy op die Kurrikulumontwikkeling-ruimte besoek by http://curriculum.wcape.school.za/index . |
GETEKEN: J.P. RAULT-SMITH
HOOF: ONDERWYS
DATUM: 2004:03:04
|