1. Omsendbrief 0079/2002 gedateer 7 Augustus 2002 verwys.
2. Voorkoming en opsporing van bedrog word as ‘n belangrike aspek in die provinsie beskou. Beweerde ongerymdhede word byna daagliks by die Wes-Kaapse Provinsiale Regering (WKPR) gerapporteer. Die eindresultaat van baie van die ongerymdhede wat ondersoek word is dissiplinêre verhore wat kan lei tot die ontslag van die oortreder. WKPR is besig om die Forensiese Oudit komponent te versterk en ‘n beleid van geen verdraagsaamheid in verband met bedrog en ernstige oortredings sal gehandhaaf word.
3. Voorbeelde van ernstige oortredings wat tot ontslag kan lei:
3.1 Misbruik van:
  • staatseiendom;

  • staatsvervoer; en

  • amptelike inligting en tegnologiese toerusting, byvoorbeeld rekenaars, skoot rekenaars en drukkers.

3.2 Vervalsing van brondokumente en ander rekords, byvoorbeeld mediese sertifikate, akademiese kwalifikasies en ander verwante dokumente.
3.3 Finansiële wanbestuur
3.4 Growwe nalatigheid
3.5 Onwettige:
  • verwydering of besitting van staatseiendom of toerusting; en

  • gebruik van amptelike telefoon, sellulêre telefoon en faks masjiene vir private gebruik.

3.6 Diefstal, omkopery en bedrog
3.7 Opsetlike skade aan staatseiendom en toerusting
4. Die volgende riglyne moet in ag geneem word voordat ‘n saak gerapporteer word:
4.1 Diefstal van kontant/geld
  • presiese datums, bedrae en die verloop van gebeure;

  • verdagte persoon/e;

  • waar die diefstal plaasgevind het en ligging van gesteelde items; en

  • bewys van spandering van die geld.

4.2 Bedrog
  • dokumentêre bewys of vervalste dokumente;

  • plek waar bedrog plaasvind;

  • naam van persoon/e, besigheid;

  • name gebruik vir die transaksies;

  • plek van moontlike oneerlike operasionele aktiwiteite;

  • verskaffer van goedere;

  • kopers van goedere; en

  • finansiële waarde, indien moontlik.

4.3 Korrupsie
  • name van beamptes wat oneerlike kommissie ontvang het;

  • name van persone wat die oneerlike kommissie gegee het vir werk / tenders ens.;

  • bewys van sulke transaksies, datums ens.; en

  • finansiële waarde, indien moontlik.

5. Dit is die plig en verantwoordelikheid van elke burger om op die uitkyk te wees en om bedrog en ernstige oortredings te rapporteer. Kontak nommers is soos volg:
5.1 Direktoraat Forensiese Oudit:
24-uur tolvrye bedroglyn:  080 1226545
Tel. No. 021 480 2080
Faks No. 021 480 2096
5.2 Openbare Beskermer
Posbus 712
KAAPSTAD
8000
5.3 Ouditeur-Generaal
Posbus 96
BELLVILLE
7535
6. Ons vertrou dat u sal verseker dat hierdie minuut op die kennisgewingborde van al die Onderwys Bestuur en Ontwikkeling Sentrums en Onderwysinrigtings sal verskyn.
7. U samewerking word waardeer.


GETEKEN: E.I. MEYER
HOOF: ONDERWYS
DATUM: 2004:08:24