1. |
'n Groot deel van norme-en-standaarde-befondsing word jaarliks gebruik om leerders in alle grade van handboeke te voorsien. |
2. |
Prinsipale, opvoeders, leerders en ouers is verplig om na hierdie boeke om te sien en hierdie boeke te herwin sodat dit oor 'n tydperk van 3 tot 4 jaar gebruik kan word. |
3. |
Die Wes-Kaap Onderwysdepartement is verplig om jaarliks 'n verslag oor die herwinning van handboeke aan die Departement van Basiese Onderwys voor te lê en om vir ouditdoeleindes rekord te hou. |
4. |
Skole word versoek om 'n basiese verslag op SOBIS te voltooi en af te teken om aan te dui hoeveel handboeke aan leerders uitgereik en hoeveel per graad herwin is. |
5. |
Die verslag moet tussen 23 November 2018 en 14 Desember 2018 voltooi word. |
6. |
Om toegang tot die vasleggingskerm op SOBIS te verkry, gaan na:
- die "Administration" oortjie; en
- kies "Textbook Retrievals" in die aftreklys en voltooi.
|
7. |
Bring asseblief die inhoud van hierdie omsendbrief onder die aandag van alle betrokkenes. |
GETEKEN: BK SCHREUDER
HOOF: ONDERWYS
DATUM: 2018:11:03
|
|