1. Soos aangedui in Omsendbrief 00299/2016, is werkboeke (graad R tot 9) vir die tweede helfte van 2017, by alle skole afgelewer.
2. Ten einde werkboektekorte en -oorskotte vir graad R tot 9 in die tweede helfte van 2017 vroegtydig te identifiseer, moet alle openbare skole tussen 08 en 12 Mei 2017 toegang tot SOBIS verkry. Gedurende hierdie tyd moet skole hul werklike getal werkboeke vir elke graad ontvang teenoor hul leerdertalprojeksie vir Julie 2017 vaslê en afteken.
3. Wanneer toegang tot SOBIS verkry is, moet skole die "Administration"-opsie op die keuselys kies. Kies "Workbooks" op die aftreklysie en dan die "Welcome and guidelines"- of "Capture"-skerm.
4. Die volgende persone kan gekontak word indien u bystand met die vaslegging van u besonderhede en die aftekenproses benodig:

Vuyelwa Madasi by tel. no. 021 467 2108 of via e-posadres
Vuyelwa.Madasi@westerncape.gov.za

Noncedo Mbali by tel. no. 021 467 2142 of via e-posadres
Noncedo.Mbali@westerncape.gov.za

Kashiefa Sedien by tel. no. 021 467 2553 of via e-posadres
Kashiefa.Sedien@westerncape.gov.za

5. Sodra al die skool se werkboekbesonderhede vir die spesifieke fases vasgelê is, moet die aftekenproses voltooi word.
6. Die inligting wat rakende werkboektekorte en -oorskotte ingewin is, sal via EduInfoSearch toeganklik wees vir die toepaslike distriksamptenare wat verantwoordelik sal wees vir die fasilitering van die verspreiding en oplaai van werkboeke waar tekorte en oorskotte is.
7. Bring asseblief die inhoud van hierdie omsendbrief onder die aandag van alle betrokke personeel.


GETEKEN: BK SCHREUDER
HOOF: ONDERWYS
DATUM: 2017:03:07