Maak omsendbrief toe     Close this Minute     Byela emva

VERWYSING:  20170629-2499
12/1/7/1
NAVRAE:   Hoofde: Bestuur en Beheer    TEL.:   021 467 2000    FAKS:   021 483 7658

OMSENDBRIEF

  :    

0048/2017

VERVALDATUM 

  :    

GEEN


AAN: 

ADJUNK-DIREKTEURS-GENERAAL, HOOFDIREKTEURE, DIREKTEURE, KRINGBESTUURDERS, PRINSIPALE EN VOORSITTERS VAN BEHEERLIGGAME


KORT OPSOMMING: 

Hierdie omsendbrief verskaf riglyne oor die bepaling van skooltye aan beheerliggame van skole.


ONDERWERP: 

RIGLYNE VIR BEHEERLIGGAME OOR DIE BEPALING VAN SKOOLTYE


1. Hierdie omsendbrief moet saam met Omsendbrief 0212/2003, asook die Regulasies Betreffende die Minimum Onderrigure per Skoolweek en Skooldag in Openbare Skole in die Wes-Kaap, gepubliseer in Buitengewone Provinsiale Koerant No. 7065 van 28 November 2012, en enige ander toepaslike beleide en wetgewing gelees word.
2. Die Wes-Kaap Onderwysdepartement (WKOD) het kennis geneem van 'n paar tekortkominge ten opsigte van die implementering van die Suid-Afrikaanse Skolewet (SASW), 1996 (Wet 84 van 1996). Artikel 20(1)(f) van die SASW vereis dat die beheerliggaam van 'n openbare skool skooltye met behoorlike inagneming van enige toepaslike diensvoorwaardes van personeel by die skool moet bepaal.
3. Daar is nou ontdek dat baie skole in die provinsie nie omvattende beleide oor skooltye het nie. Baie skole word gelei deur die tradisionele en historiese siening dat skole om 08:00 moet begin en om 14:30 moet eindig.
4. Die aangehegte riglyne is daarop gemik om beheerliggame te help om hul eie beleide, wat die hele onderrigprogram van die skool sal akkommodeer, te formuleer. Die WKOD wil beklemtoon dat hierdie riglyne nie bedoel is om 'n langer skooldag in te stel of verpligtend te wees nie. Die riglyne word ingestel om die toewyding van die WKOD om ons skole in staat te stel om die voorsiening van onderwys tot voordeel van alle leerders te versterk, te benadruk.
5. Prinsipale moet volgens wet inligting en advies oor beleidsake aan beheerliggame voorsien.
6. Sodra beheerliggame amptelik 'n beleid oor skooltye aanvaar, moet hulle seker maak dat alle ouers, opvoeders en leerders vroegtydig voor die implementering daarvan verwittig word.
7. Bring asseblief die inhoud van hierdie omsendbrief onder die aandag van alle beheerliggaamlede, opvoeders en leerders.


GETEKEN: BK SCHREUDER
HOOF: ONDERWYS
DATUM: 2017:11:27


Grand Central Towers, Laer-Parlementstraat, Privaatsak X9114, Kaapstad 8000
Meld asseblief verwysingsnommers in alle korrespondensie
Indiensneming- en salarisnavrae: 0861 92 33 22
Veilige Skole: 0800 45 46 47


Die volgende dokument(e) het betrekking op hierdie omsendbrief.
Adobe Acrobat ReaderĀ® word benodig om hierdie dokumente te lees / druk.
Kliek op die onderstaande titel:  die dokument sal in Adobe Acrobat ReaderĀ® oopmaak waar u dit kan lees en/of druk.
Kliek op die WKOD-aanlyn logo aan die bokant van die skerm om terug te keer na die omsendbrief.
"South African Schools Act (SASA), 1996 (Act 84 of 1996)"  (grootte: 255 KB)
Riglyne vir beheerliggame oor die bepaling van skooltye  (grootte: 95 KB)
Maak omsendbrief toe     Close this Minute     Byela emva