1. |
Ingesluit is 'n afskrif van die finale rooster vir die Februarie.Maart 2017 Nasionale Senior Sertifikaat (NSS) Aanvullende Eksamen. |
2. |
Die NSS- Aanvullende Eksamen is geskeduleer om op 22 Februarie 2017 te begin en op 30 Maart 2017 ten einde te loop. |
3. |
Twee eksamensessies is vir elke dag geskeduleer. Die oggendsessie sal om 09:00 begin en die namiddagsessie om 14:00. |
4. |
Eksamensentrums vir die skryf van die NSS- Aanvullende Eksamen sal by sekondere skole en ander lokale, soos deur die Departement bepaal, geskep word. |
5. |
Soos in hul ondertekende kontrakte bepaal is, sal eksterne opsieners wat by die afneem van die November 2016 Nasionale Senior Sertifikaat-eksamen betrokke was, gebruik word om by hierdie eksamen toesig te hou. Die 2016 senior opsiener sal as 'n hoofopsiener vir die 2017 NSS- Aanvullende Eksamen dien. |
6. |
Die hoofopsiener moet seker maak dat kandidate die eksamenlokaal 35 minute voor die amptelike aanvangstyd van die eksamensessie binnegaan. Hierdie tyd moet soos volg benut word: |
6.1 |
Die eerste 25 minute moet gebruik word om die kandidate in hul korrekte sitplekke te laat sit, om die vraestelle uit te deel, ens. |
6.2 |
Gedurende die volgende 10 minute moet kandidate die geleentheid kry om deur die vraestel te lees. |
6.3 |
Niemand mag gedurende enige deel van hierdie 35 minute skryf of aantekeninge maak nie. Enige oortreding van hierdie reel sal as 'n onreelmatigheid beskou word. |
6.4 |
Kandidate moet ophou skryf op die tyd wat op die eksamenrooster aangedui word. |
7. |
Registrasievorms vir die NSS- Aanvullende Eksamen is gestuur na alle kandidate wat vir die eksamen kwalifiseer. |
8. |
Die 2017 NSS- Aanvullende Eksamenrooster sal op die Wes-Kaap Onderwysdepartement (WKOD) se webwerf beskikbaar gestel word by: http://wced.school.za/circulars/index-circmins.html en by http://bit.ly/1cYaoAF |
GETEKEN: BK SCHREUDER
HOOF: ONDERWYS
DATUM: 2017:01:24
|
|