1. |
Die Nasionale Senior Sertifikaat (NSS) -eksamen word ingevolge die Regulations pertaining to the Conduct, Administration and Management of the National Senior Certificate, gepubliseer in Staatskoerant Nr. 37651 van 16 Mei 2014, geadministreer en afgeneem. |
2. |
Enige afwyking of oortreding van die regulasies deur kandidate, onderwysers of opsieners kan daartoe lei dat die eksamenuitslae nietig verklaar word. |
3. |
Die Departement van Basiese Onderwys (DBO) het, onderskeidelik in Omsendbrief E19 van 2017 en Omsendbrief E21 van 2017, versoek dat kandidate wat geregistreer is om die NSS-eksamen te skryf, 'n verbintenisooreenkoms en 'n belofte onderteken om die gedragskode van die eksamen te gehoorsaam. |
4. |
Alle leerders en hulle ouers of voogde moet die verbintenisooreenkoms (Bylae A), voor die aanvang van die eksamen onderteken. |
5. |
Die ooreenkoms moet aan die skool teruggestuur en vir toekomstige verwysing op leer geplaas word. Hierdie rekords kan na ses maande vernietig word. |
6. |
Die verbintenisooreenkoms bied 'n gedetailleerde lys van die sleutelreels en regulasies ten opsigte van die NSS-eksamen wat deur alle kandidate wat die eksamen skryf, gevolg moet word. |
7. |
Die nasionale seremonie vir die ondertekening van die belofte is geskeduleer vir Vrydag, 13 Oktober 2017 om 10:00. Alle skole wat aan die NSS-eksamen deelneem, word versoek om . byeenkoms te reel waar die belofte afgeneem en die reels en regulasies van die NSS-eksamen aan die kandidate voorgelees word. |
8. |
Aangeheg is 'n afskrif van die NSS-eksamenbelofte (Bylae B) wat deur graad 12- kandidate onderteken kan word. |
9. |
Skole moet kandidate in kennis stel dat die ondertekening van die belofte vrywillig is. |
10. |
Waar moontlik, moet fotokopiee van die ondertekende beloftes gemaak en as deel van elke kandidaat se skoolrekord by die skool bewaar word. |
11. |
Die oorspronklike belofte moet vir die duur van die 2017 NSS-eksamen in die besit van elke kandidaat bly. |
12. |
Daar word aanbeveel dat die ondertekening van die belofte tot graad 10- en 11-leerders uitgebrei word om 'n eenvormige standaard ten opsigte van die afneem van die eksamen in die Verdere Onderwys- en Opleidingsfase te verseker. |
13. |
Die aangehegte NSS-eksamenbelofte kan vir graad 10 en 11 aangepas word. |
14. |
Prinsipale word vriendelik versoek om te verseker dat die seremonie vir die ondertekening van die belofte, korrek by hulle skole uitgevoer word. |
15. |
Die samewerking van die 2017 NSS-eksamenkandidate in hierdie verband sal waardeer word. |
GETEKEN: BK SCHREUDER
HOOF: ONDERWYS
DATUM: 2017:09:30
|
|