1. |
'n Lys met die omsendbriewe wat gedurende 2016 deur die Wes-Kaap Onderwysdepartement (WKOD) uitgereik is, is hierby aangeheg. |
2. |
WKOD-omsendbriewe word in e-posformaat uitgestuur. Indien omsendbriewe hegstukke bevat wat nie met e-pos uitgestuur kan word nie, word drukstukke beskikbaar gestel. |
3. |
Skole, inrigtings en amptenare moet hul e-pos gereeld nagaan, aangesien omsendbriewe noodsaaklik is vir die doeltreffende funksionering van die WKOD. |
4. |
Skole en amptenare moet elektroniese leers op hulle rekenaars skep om die omsendbriewe te bewaar aangesien hulle, vir solank as wat hulle geldig is, op rekord gehou moet word. |
5. |
Omsendbriewe wat sedert die begin van 2003 uitgereik is, is ook op die WKOD se webblad beskikbaar by http://wced.school.za/circulars/index-circmins.html |
6. |
Bring asseblief die inhoud van hierdie omsendbrief onder die aandag van alle betrokkenes. |
GETEKEN: BK SCHREUDER
HOOF: ONDERWYS
DATUM: 2017:01:21
|
|