1. |
Die doel van hierdie communique is om die Selfoonbeleid van die Wes-Kaap Onderwysdepartement, 2017 weer uit te reik. Die Selfoonbeleid van die Wes-Kaap Onderwysdepartement, 2017 is aangeheg en tree op 01 April 2017 in werking. |
2. |
Die hersiene beleid sluit die volgende wysigings in:
- Die toekenning van toelaes (paragraaf 4.8).
- Die vereiste van 'n skriftelike motivering wanneer 'n hoër toelae versoek word (paragraaf 4.9).
|
3. |
Die Selfoonbeleid van die Wes-Kaap Onderwysdepartement, 2017 vervang alle vorige beleide en omsendbriewe oor hierdie aangeleentheid. |
4. |
Direkteure by Hoofkantoor en distrikskantore word vriendelik versoek om die aangehegte beleid onder die aandag van alle amptenare te bring. |
GETEKEN: BK SCHREUDER
HOOF: ONDERWYS
DATUM: 2017:03:10
|
|