Die 2016-kompetisie is herontwerp om meer omvattend te wees en sal in die volgende afdelings vir skoolkore voorsiening maak:
Primêre skole Jong kinders (Graad R-2) Grondslagfase (Graad 3-4) Intermediêre Fase (Graad 5-7) Plaasskole
Sekondêre Skole Sekondêr A Skole wat gedurende die afgelope vier jaar deurlopend goed presteer het in die vyf goedgekeurde kategorieë (bv. gemengde kore – Afrika, Afrikaans, Westers en manlike en vroulike kore).
Sekondêr B Skole wat vir die eerste keer deelneem asook daardie skole wat aan die program deelgeneem het, maar nie die nasionale vlak bereik het nie. Oop Kategorie Vir beide bogenoemde kategorieë om te kies wat hulle geskik vind.
Verwys asseblief na die "2016 Participation Rules" vir die voorgeskrewe musiek en kriteria vir deelname. Die prinsipaal en dirigent MOET hierdie reëls lees en hulself vertroud maak daarmee. Die Wes-Kaap Onderwysdepartement (WKOD) sal skole wat aan die SASKE deelneem, streng monitor. Skole wat die reëls verontagsaam, sal onmiddellik gediskwalifiseer word en nie toegelaat word om vir die volgende vyf jaar nie aan die SASKE deel te neem nie.
|