1. |
'n Lys van die omsendbriewe wat gedurende die jaar 2015 deur die Wes-Kaap Onderwysdepartement (WKOD) uitgereik is, is aangeheg. |
2. |
WKOD-omsendbriewe word in e-posformaat uitgestuur. Indien omsendbriewe aanhangsels het wat nie per e-pos uitgestuur kan word nie, word drukstukke beskikbaar gestel. |
3. |
Skole, inrigtings en amptenare moet hulle e-pos gereeld nagaan, aangesien omsendbriewe noodsaaklik is vir die doeltreffende funksionering van die WKOD. |
4. |
Skole en amptenare moet elektroniese houers ("folders") vir die bewaring van hierdie omsendbriewe op hulle rekenaars skep. Hierdie omsendbriewe moet op rekord gehou word vir solank as wat hulle geldig is. |
5. |
Omsendbriewe wat sedert die begin van 2003 uitgereik is, is ook beskikbaar op die WKOD se webblad by http://wced.school.za/circulars/index-circmins.html |
6. |
Bring asseblief die inhoud van hierdie omsendbrief onder die aandag van alle betrokkenes. |
GETEKEN: PA VINJEVOLD
HOOF: ONDERWYS
DATUM: 2016:03:30
|
|