1. |
'n Groot deel van norme en standaarde-befondsing word jaarliks gebruik om leerders in alle grade van handboeke te voorsien. |
2. |
Skoolhoofde, onderwysers, leerders en ouers is verplig om na die handboeke om te sien en die boeke terug te besorg sodat dit oor 'n tydperk van 3 tot 4 jaar gebruik kan word. |
3. |
Die Wes-Kaap Onderwysdepartement is verplig om jaarliks 'n verslag aan die Departement van Basiese Onderwys voor te le oor die herwinning van handboeke en om vir ouditdoeleindes rekord te hou. |
4. |
'n Eenvoudige basiese handboekverslag is op SOBIS beskikbaar geskep sodat skole kan aandui hoeveel boeke aan leerders uitgereik is en hoeveel per graad herwin is. |
5. |
Skole word versoek om die verslag tussen 01 en 15 Desember 2015 te voltooi en op SOBIS af te teken. |
6. |
Om toegang tot die vasleggingskerm op SOBIS te verkry, gaan na die:
- "Administration" oortjie; en
- Kies "Textbook Retrievals" in die aftreklys en voltooi.
|
7. |
Bring asseblief die inhoud van hierdie omsendbrief onder die aandag van alle betrokkenes. |
GETEKEN: PA VINJEVOLD
HOOF: ONDERWYS
DATUM: 2015:11:06
|
|