1. |
Dit is vir die Wes-Kaap Onderwysdepartement aangenaam om die kriteria vir toekennings aan skole te voorsien vir die Nasionale Senior Sertifikaat van 2015 (Bylae A). |
2. |
Die toekennings is daarop gemik om openbare en onafhanklike skole se prestasies te erken, met besondere fokus op ‘n toename in die getal kandidate wat die Nasionale Senior Sertifikaat-eksamen slaag en om die gehalte van hulle slaagpunte te verbeter. |
3. |
Die Wes-Kaap Onderwysdepartement wil graag van hierdie geleentheid gebruik maak om alle skole sukses toe te wens met die aflê van die 2015 Nasionale Senior Sertifikaateksamen. |
GETEKEN: PA VINJEVOLD
HOOF: ONDERWYS
DATUM: 2015:04:14
|
|