1. |
Hierdie omsendbrief is hersien en herroep Omsendbrief 0041/2012 in sy geheel. |
2. |
Die Provinsiale Minister van Onderwys het die aangehegte Gedragskode vir Lede van Skoolbeheerliggame van Openbare Skole deur kennisgewing in Provinsiale Koerant 6982, gedateer 13 April 2012, gepubliseer. |
3. |
Die gedragskode bevat bepalings oor die nodige proses, wat lede van die beheerliggaam in dissiplinêre prosedures beskerm. |
4. |
Alle lede van 'n beheerliggaam moet by die gedragskode hou. |
5. |
Beheerliggame word aangemoedig om die gedragskode baie noukeurig te bestudeer en om dit deurlopend te implementeer. |
6. |
Kontak asseblief u skool se IBB-bestuurder indien u enige navrae het. |
7. |
Bring asseblief die inhoud van hierdie omsendbrief en die aangehegte gedragskode onder die aandag van alle personeel, lede van die beheerliggaam en ouers. |
GETEKEN: PA VINJEVOLD
HOOF: ONDERWYS
DATUM: 2015:04:08
|
|