Maak omsendbrief toe     Close this Minute     Byela emva

VERWYSING:  26706
9/11/10/B
NAVRAE:   RL Africa    TEL.:   021 467 2212    FAKS:   021 467 2996

OMSENDBRIEF

  :    

0009/2014

VERVALDATUM 

  :    

GEEN


AAN: 

HOOF VAN DIE ONDERWYSMINISTERIE, ADJUNK-DIREKTEURS-GENERAAL, HOOFDIREKTEURE, DIREKTEURE, (HOOFKANTOOR EN ONDERWYSDISTRIKSKANTORE), VLB-KAMPIOENE


KORT OPSOMMING: 

Onttrekking van die WKOD-beleid rakende die voorsiening van koerante aan SBS-lede


ONDERWERP: 

VOORSIENING VAN KOERANTE AAN SBS-LEDE: ONTTREKKING VAN WKOD-BELEID


1. In ooreenstemming met die kostebesparingsmaatreëls wat in die Nasionale Tesourie-instrukie 1 van 2013/14 uiteengesit is, sal die Wes-Kaap Onderwysdepartement (WKOD) nie meer Skoolbestuurstelsel (SBS)-lede van koerante voorsien nie. Die beleid in hierdie verband word met onmiddellike effek, onttrek.
2. Bestaande inskrywings vir koerante sal voortgaan tot hulle verval, maar sal nie hernu word nie. Die Voorsieningslyn sal SBS-lede by Hoofkantoor individueel inlig oor wanneer die inskrywings aangaande hulle gekose koerante sal verval.
3. Hierdie maatreëls geld nie vir die Direkteur: Kommunikasie of die Onderwysministerie nie.
4. Die Hoofde van die Korporatiewe Dienste-tak by onderwysdistrikskantore moet hulle direkteure in kennis te stel, soos aangedui in paragraaf 2 hierbo, en insgelyks die betrokke koeranthuise inlig dat die gekose koerante se aflewering vanaf die vervaldatum van die huidige inskrywing gestaak sal word.
5. Dankie vir u samewerking in hierdie verband.


GETEKEN: PA VINJEVOLD
HOOF: ONDERWYS
DATUM: 2014:03:19


Grand Central Towers, Laer-Parlementstraat, Privaatsak X9114, Kaapstad 8000
Meld asseblief verwysingsnommers in alle korrespondensie
Indiensneming- en salarisnavrae: 0861 92 33 22
Veilige Skole: 0800 45 46 47

Maak omsendbrief toe     Close this Minute     Byela emva