Maak omsendbrief toe     Close this Minute     Byela emva

VERWYSING:  6927
2/6/3/3
NAVRAE:   IBB-bestuurders    TEL.:   021 467 2000    FAKS:   021 467 2996

OMSENDBRIEF

  :    

0008/2014

VERVALDATUM 

  :    

GEEN


AAN: 

ADJUNK-DIREKTEURS-GENERAAL, HOOFDIREKTEURE, DIREKTEURE, HOOFDE: IBB-KOÖRDINERING EN -ADVIES, KRINGSPANBESTUURDERS, IBB-BESTUURDERS, EN PRINSIPALE VAN GEWONE OPENBARE SKOLE EN LEDE VAN SKOOLBEHEERRADE BY GEWONE OPENBARE EN ONAFHANKLIKE SKOLE


KORT OPSOMMING: 

Die aanbring van die leerder se ID-nommer op die skool se gerekenariseerde administrasiebestuurstelsel is verpligtend.


ONDERWERP: 

AANBRING VAN LEERDER-ID-NOMMERS OP ALLE GEREKENARISEERDE SKOOLBESTUURSTELSELS IS VERPLIGTEND


1. In November 2012 het die Raad vir Onderwysministers (ROM) dit goedgekeur dat die ID-nommers van leerders verpligtend is op LURITS, SA-SAMS en LURITSgeakkrediteerde skoolbestuursagteware.
2. Die verpligte ID-nommerveld sal prinsipale help met die toelatingsbeleidvereistes waar ouers die amptelike geboortesertifikaat van hulle kind moet aanbied wanneer hy of sy tot die skool toegelaat word.
3. Artikel 15 van die toelatingsbeleid in die Wet op die Nasionale Onderwysbeleid van 1996 verstrek die volgende:

  "Dat wanneer 'n ouer aansoek doen om die toelating van 'n leerder tot 'n gewone openbare skool, die ouer 'n amptelike geboortesertifikaat van die leerder aan die prinsipaal van die openbare skool moet voorlê. Indien ‘n ouer nie ‘n geboortesertifikaat kan voorlê nie, mag die leerder voorwaardelik toegelaat word totdat ‘n kopie van die geboortesertifikaat van die streekskantoor van die Departement van Binnelandse Sake verkry is."
4. Die Departement van Basiese Onderwys (DBO) het 'n stel riglyne verskaf (aangeheg as Bylae A) om prinsipale te help om leerders te help om vir geboortesertifikate of studiepermitte aansoek te doen.
5. Om te verseker dat ouers voldoen aan vereistes van die skooltoelatingsbeleid, het die DBO die samewerking van die Departement van Binnelandse Sake verkry, wat, op die prinsipaal se versoek, bereid is om ouers te help met hulle aansoeke om die nodige skooltoelatingsdokumente.
6. Skole moet die leerder se naam of name, van en ID-nommer akkuraat vaslê, soos dit verskyn op die geboortesertifikaat of studiepermit, op die skool se gerekenariseerde bestuurstelsel. Slegs die teks en geen syfers of spesiale karakters (tensy dit deel uitmaak van die amptelike naam en van, bv. é of ö) word in die naam- en vanvelde toegelaat nie. Voorbeelde soos Peter/John, Sarah-2006, Boni.Michael ens. wat tot name en vanne bygevoeg word, sal deur rekenaarstelsels verwerp word. Dit sal verseker dat leerderdata wat voorgelê word aan LURITS volledig en akkuraat is.
7. Vanaf Januarie 2014 is `n fasiliteit op die SOBIS aangebring waar prinsipale moet aandui watter leerders nie ID-nommers het nie. Prinsipale moet hierdie vlag, genaamd "Voorwaardelike aanvaarding" gebruik om die registrasieproses te voltooi in gevalle waar ‘n leerder geen ID-nommer het nie, en die Binneladnse Sake toepassingsproses vir ‘n ID-nommer-aansoek gaan geïnisieer word.
8. Inligting oor leerders sonder geboortesertifikate of studiepermitte moet ook vasgelê word en daar moet aangedui word dat die betrokke dokumentasie aangevra is om dit moontlik te maak dat hierdie leerders ook op LURITS gelaai kan word. Ingevolge die nasionale toegangsbeleid, artikel 21,

  "Moet persone wat geklassifiseer is as onwettige uitlanders wanneer hulle vir hulle kinders of vir hulleself aansoek doen, bewys lewer dat hulle aansoek gedoen het by die Departement van Binnelandse Sake om hulle verblyf in die land ingevolge die Wet op Vreemdelinge-beheer, 1991 (Wet 96 van 1991) te wettig."

Sodra die geboortesertifikaat of studiepermit ontvang word, moet die leerderdata onmiddellik bygewerk word op die skool se rekenaarstelsel.

9. Alle navrae aangaande die inhoud van hierdie omsendbrief kan gerig word aan die betrokke onderwysdistrikskantoor.


GETEKEN: PA VINJEVOLD
HOOF: ONDERWYS
DATUM: 2014:02:05


Grand Central Towers, Laer-Parlementstraat, Privaatsak X9114, Kaapstad 8000
Meld asseblief verwysingsnommers in alle korrespondensie
Indiensneming- en salarisnavrae: 0861 92 33 22
Veilige Skole: 0800 45 46 47


Die volgende dokument(e) het betrekking op hierdie omsendbrief.
Adobe Acrobat Reader® word benodig om hierdie dokumente te lees / druk.
Kliek op die onderstaande titel:  die dokument sal in Adobe Acrobat Reader® oopmaak waar u dit kan lees en/of druk.
Kliek op die WKOD-aanlyn logo aan die bokant van die skerm om terug te keer na die omsendbrief.
"National Education Policy Act of 1996"  (grootte: 34 KB)
"Annexure A"  (grootte: 47 KB)
Maak omsendbrief toe     Close this Minute     Byela emva