Maak omsendbrief toe     Close this Minute     Byela emva

VERWYSING:  35217
4/6/2/2/10
NAVRAE:   e-Leer adviseurs    TEL.:   021 467 2000 fax: +27     FAKS:   021 467 2363

OMSENDBRIEF

  :    

0037/2014

VERVALDATUM 

  :    

GEEN


AAN: 

ADJUNK-DIREKTEURS-GENERAAL, HOOFDIREKTEURE, DIREKTEURE, HOOFONDERWYSKUNDIGES, KRINGSPANBESTUURDERS, IBB-BESTUURDERS, PRINSIPALE VAN GEWONE OPENBARE SKOLE EN SKOOLBEHEERLIGGAAMLEDE


KORT OPSOMMING: 

Toegang tot breëband regoor die provinsie


ONDERWERP: 

BREëBAND INISIATIEF VAN DIE WES-KAAPSE REGERING


  Die Wes-Kaapse Regering (WKR) het 'n ooreenkoms onderteken met Neotel en die State Information Technology Agency (SITA) vir toegang tot breëband regoor die provinsie.

Die WKR sal begin deur internetverbinding te gee aan 2 000 regeringsfasiliteite, in drie fases, insluitende skole.

Die Wes-Kaap Onderwysdepartement sal saam met diensverskaffers en skole werk om skole oor 'n twee- tot driejaarperiode te verbind.

Die WKR beplan om skole vanaf April 2015 met die breëband wye area netwerk (WAN) te verbind.

Diensverskaffers sal die eerste groep skole vanaf September 2014 besoek om die mees gepaste manier om elke skool te verbind, te bespreek.

Breëband sal hoë-spoed internettoegang tot digitale onderrig en leerhulpbronne en regeringsdienste bied.

Die breëband-projek in skole vorm deel van 'n groter inisiatief om sosio-ekonomiese ontwikkeling met behulp van tegnologie te ondersteun en te bestuur.

Meer inligting oor die breëband inisiatief van die Departement van die Premier word hierby aangeheg.

Ons moedig skole aan om hierdie geleentheid te benut deur voortuit te beplan, byvoorbeeld, by begrotingsvergaderings en planne vir personeelopleiding. Vra asseblief u distrik se e-Leer adviseur vir hulp, soos nodig.

Met hierdie inisiatief is ons besig om ‘n hele nuwe era in onderwys te betree. Ons sien uit daarna om saam met u te werk om hierdie potensiaal te verwesenlik.



GETEKEN: PA VINJEVOLD
HOOF: ONDERWYS
DATUM: 2014:08:25


Grand Central Towers, Laer-Parlementstraat, Privaatsak X9114, Kaapstad 8000
Meld asseblief verwysingsnommers in alle korrespondensie
Indiensneming- en salarisnavrae: 0861 92 33 22
Veilige Skole: 0800 45 46 47


Die volgende dokument(e) het betrekking op hierdie omsendbrief.
Adobe Acrobat Reader® word benodig om hierdie dokumente te lees / druk.
Kliek op die onderstaande titel:  die dokument sal in Adobe Acrobat Reader® oopmaak waar u dit kan lees en/of druk.
Kliek op die WKOD-aanlyn logo aan die bokant van die skerm om terug te keer na die omsendbrief.
"WCG Broadband Initiative"  (grootte: 124 KB)
Maak omsendbrief toe     Close this Minute     Byela emva