- Die Wes-Kaapse Provinsiale Wet op Skoolonderwys, 1977 (Wet 12 van 1997)
- Die Regulasies oor Dissiplinering, Skorsing en Uitsetting van Leerders van Openbare Skole in die Wes-Kaap
- Die Regulasies betreffende die Registrasie van en Subsidies aan Onafhanklike Skole (onafhanklike preprimêre skole uitgesluit)
1. |
Aangeheg is die delegasies van magte wat berus by die Departementshoof ingevolge die bogenoemde wetgewings A, B en C. Die delegasies is onmiddellik van krag. |
2. |
Aangesien omsendbriewe, minute en hulle aanhegsels in e-posformaat uitgestuur word, word beamptes versoek om hulle eie kopieë van hierdie delegasies vanaf hulle e-pos te druk, indien hulle 'n harde kopie verlang. |
3. |
Bring asseblief die inhoud van hierdie omsendbrief onder die aandag van alle betrokkenes.
|
GETEKEN: PA VINJEVOLD
HOOF: ONDERWYS
DATUM: 2014:08:07
|
|