| NAVRAE: | Distriksdirekteure | TEL.: | 021 467 2000 | FAKS: | 021 467 2996 |
OMSENDBRIEF | : | 0002/2014 | VERVALDATUM | : | GEEN |
AAN: | ADJUNK-DIREKTEURS-GENERAAL, HOOFDIREKTEURE, DIREKTEURE, ADJUNKDIREKTEURE (ONDERWYSDISTRIKSKANTORE), KRINGSPANBESTUURDERS, HOOFDE: KURRIKULUMKOÖRDINERING EN -ADVIES, HOOFDE: IBB-KOÖRDINERING & -ADVIES, HOOFDE, GLOO-KOÖRDINERING EN -ADVIES, EN PRINSIPALE EN BEHEERLIGGAME VAN OPENBARE SKOLE |
KORT OPSOMMING: | Hierdie omsendbrief stel die 'Regulasies vir die Pligte van Skoolbywoningsbeamptes' bekend aan skole in die Wes-Kaap. |
ONDERWERP: | REGULASIES VIR DIE PLIGTE VAN SKOOLBYWONINGSBEAMPTES |
2. |
Artikel 10 van die Wes-Kaapse Provinsiale Wet op Skoolonderwys, 1997 (Wet 12 van 1997) maak voorsiening daarvoor dat die Departementshoof 'n skoolbywoningsbeampte mag aanstel om die bepalings van artikel 3(5) en (6) van die Suid-Afrikaanse Skolewet, 1996 (Wet 84 van 1996) uit te voer en om leerders wat gereeld sonder geldige redes van die skool afwesig is, te ondersteun en te monitor. |
3. |
Artikel 3(5) van die Suid-Afrikaanse Skolewet, 1996 (Wet 84 van 1996) noem dat, indien 'n leerder wat skoolpligtig is nie ingeskryf is by 'n skool nie of versuim om 'n skool by te woon, die Departementshoof
- die omstandighede van die leerder se afwesigheid van skool mag ondersoek;
- gepaste maatreëls mag tref om die situasie reg te stel; en
- indien dit nie werk nie, 'n geskrewe kennisgewing mag uitreik aan die ouer van die leerder wat voldoening daaraan versoek.
|
4. |
Die Regulasies vir die Pligte van die Skoolbesoekbeamptes handel oor die volgende:
- Die pligte van die skoolbywoningsbeampte
- Geldige redes vir afwesigheid van 'n leerder van die skool
- Geskrewe kennisgewing aan die ouer
|
5. |
Prinsipale word vriendelik versoek om die inhoud van hierdie regulasies onder die aandag van alle lede van die personeel en die skoolbeheerliggaam te bring. |
GETEKEN: PA VINJEVOLD
HOOF: ONDERWYS
DATUM: 2013:12:17
Grand Central Towers, Laer-Parlementstraat, Privaatsak X9114, Kaapstad 8000 Meld asseblief verwysingsnommers in alle korrespondensie Indiensneming- en salarisnavrae: 0861 92 33 22 Veilige Skole: 0800 45 46 47
|
|