1. |
Die Provinsiale Regering het die Bestuurstelsel vir infrastruktuurlewering (BSIL) in 2011 as die infrastruktuur se afleweringsmeganisme in die provinsie goedgekeur. |
2. |
Die Standaard Bedryfsprosedures (SBP's) is dokumente wat saamgestel is om met die implementering van die stelsel te help. |
3. |
SBP's vir instandhouding is ontwikkel en by onderwysdistrikskantore ingedien. |
4. |
Vind asseblief aangeheg die SBP's vir nood- en geskeduleerde instandhouding. Die Wes-Kaap Onderwysdepartement (WKOD), in oorleg met die Departement van Vervoer en Openbare Werke (DVOW), sal die dokumente op `n jaarlikse basis hersien en verbeter. |
5. |
Indien die SBP’s egter gewysig word, sal die WKOD skole dienooreenkomstig van die gewysigde weergawes voorsien. |
6. |
Let asseblief daarop dat die SBP’s vir noodinstandhouding, Omsendbrief 175/2000 vervang. |
7. |
Bring asseblief die inhoud van hierdie omsendbrief onder die aandag van alle personeel en lede van die skoolbeheerliggaam (SBL). |
GETEKEN: PA VINJEVOLD
HOOF: ONDERWYS
DATUM: 2014:07:11
|
|