| NAVRAE: | TJ Magwaca | TEL.: | 021 467 2626 | FAKS: | 021 467 9370 |
OMSENDBRIEF | : | 0001/2014 | VERVALDATUM | : | 28 Maart 2014 |
AAN: | ADJUNK-DIREKTEURS-GENERAAL, HOOFDIREKTEURE, DIREKTEURE (HOOFKANTOOR EN ONDERWYSDISTRIKSKANTORE), ADJUNKDIREKTEURE, HOOFONDERWYSKUNDIGES, HOOFDE: KURRIKULUMKOÖRDINERING EN -ADVIES, KURRIKULUMADVISEURS, KRINGSPANBESTUURDERS, HOOFDE: IBB-KOÖRDINERING EN –ADVIES, IBB-BESTUURDERS, ADJUNKHOOFONDERWYSKUNDIGES, HOOFDE: GLOO-KOÖRDINERING, ASSESSERINGSKOÖRDINEERDERS EN HOOFDE VAN INRIGTINGS WAT KANDIDATE VOORBEREI VIR DIE NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN |
KORT OPSOMMING: | Finale rooster en reëlings vir die Februarie - Maart 2014 Nasionale Senior Sertifikaat Aanvullende Eksamen |
ONDERWERP: | ROOSTER EN REËLINGS VIR DIE NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT AANVULLENDE EKSAMEN: FEBRUARIE - MAART 2014 |
1. |
Ingesluit is 'n afskrif van die finale rooster vir die Nasionale Senior Sertifikaat (NSS) Aanvullende Eksamen van Februarie - Maart 2014. |
2. |
Die NSS Aanvullende Eksamen begin op 17 Februarie 2014 en loop ten einde op 25 Maart 2014. |
3. |
Twee eksamensessies is vir elke dag geskeduleer. Die oggendsessie sal om 09:00 begin en die middagsessie om 14:00. |
4. |
Registrasievorms vir die Aanvullende Eksamen is gestuur aan alle kandidate wat kwalifiseer om die Aanvullende Eksamen af te lê. Die voltooide registrasievorms moet na die volgende adres gepos word:
Direktoraat: Eksamenadministrasie Vir aandag: Mnr L van Gensen Wes-Kaap Onderwysdepartement Privaatsak X9114 KAAPSTAD 8000
Die voltooide registrasievorms kan ook per hand afgelewer word by:
WKOD Kliëntedienste Grand Central Towers: 2de vloer Laer Parlementstraat KAAPSTAD |
5. |
Die sluitingsdatum vir hierdie inskrywings vir die Aanvullende Eksamen is Dinsdag, 24 Januarie 2014. Prinsipale van skole en kandidate word versoek om streng by hierdie datum te hou aangesien laat inskrywings nie aanvaar sal word nie. |
6. |
Eksamensentrums vir die afneem van die Aanvullende Eksamens sal by sekondêre skole en ander lokale geskep word, soos deur die Departement bepaal. |
7. |
Slegs eksterne opsieners wat by die November 2013 Nasionale Senior Sertifikaat-eksamen betrokke was, sal tydens hierdie eksamen gebruik word om toesig te hou, soos bepaal in hul ondertekende kontrakte. Die 2013 senior opsieners sal dien as die hoofopsiener vir die 2014 NSS Aanvullende Eksamen. |
8. |
Die hoofopsiener moet seker maak dat kandidate die eksamenlokaal binnegaan 35 minute voor die amptelike aanvangstyd van die eksamensessie. Hierdie tyd moet soos volg gebruik word: |
8.1 |
Die eerste 25 minute moet gebruik word om die kandidate hul regte sitplekke te laat inneem, om vraestelle uit te deel, ens. |
8.2 |
Gedurende die volgende 10 minute moet die kandidate die geleentheid kry om deur die vraestelle te lees. |
8.3 |
Dit is nie toelaatbaar om enigiets te skryf tydens die 35 minute nie. 'n Oortreding van hierdie reël sal as 'n onreëlmatigheid beskou word. |
8.4 |
Kandidate moet ophou skryf op die tyd wat op die eksamenrooster aangedui word. |
9. |
Prinsipale moet asseblief die inhoud van hierdie omsendbrief onder die aandag bring van alle kandidate wat die Oktober-Desember 2013 Nasionale Senior Sertifikaat-eksamen geskryf het. |
GETEKEN: PA VINJEVOLD
HOOF: ONDERWYS
DATUM: 2014:01:15
Grand Central Towers, Laer-Parlementstraat, Privaatsak X9114, Kaapstad 8000 Meld asseblief verwysingsnommers in alle korrespondensie Indiensneming- en salarisnavrae: 0861 92 33 22 Veilige Skole: 0800 45 46 47
|
|