1. |
Die Departement van Basiese Onderwys het 'n Nasionale Katalogus (Bylae A) van Folklorebloemlesings vir skole vrygestel wat graag gedurende 2015 folklore as 'n genre in Xhosa-, Sotho- en Tswana-huistale in graad 12 wil aanbied. |
2. |
Skole wat Folklore as 'n genre in 2015 vir Huistale: Xhosa, Sotho en Tswana kies, word versoek om afdeling A van Bylae B, te voltooi. Skole wat nie Folklore as 'n genre in graad 12 in 2015 gaan aanbied nie, moet afdeling B van Bylae B voltooi. |
3. |
Die Wes-Kaap Onderwysdepartement (WKOD) sal die aankoop van handboeke vir Folklore-huistale vir skole befonds wat hierdie genre in graad 12 vir 2015 kies. |
4. |
Skole kan die huidige graad 11-leerdertotaal plus 5% as 'n aanwyser gebruik vir die aantal leerders vir graad 12 in 2015. |
6. |
Ten einde te verseker dat hierdie boeke skole teen 30 Oktober 2014 bereik, moet skole die voltooide Bylae B aan die Leer- en onderrigondersteuningsmateriaal (LOOM)-kantoor e-pos by ltsmprojects@westerncape.gov.za, of faks die voltooide Bylae B aan Zandre Kleinschmidt by 086 771 4686 teen 23 Mei 2014. |
7. |
Druk asseblief kopieë van die Nasionale Katalogus (Bylae A) en bring dit, sowel as die inhoud van hierdie omsendbrief, onder die aandag van alle betrokke personeel. |
GETEKEN: M HARKER
ADJUNK-DIREKTEUR-GENERAAL: ONDERWYSBEPLANNING
DATUM: 2014:05:15
|
|