1. |
Die Wes-Kaap Onderwysdepartement (WKOD) het Omsendbrief E3 van 2014 vanaf die Departement van Basiese Onderwys (DBO) ontvang wat die 2014 Nasionale Senior Sertifikaat (NSS)-eksamenrooster wysig. |
2. |
Volgens die NSS-rooster wat deur middel van Omsendbrief 0005/2014 gedateer 21 Februarie 2014 aan skole gesirkuleer is, is die Ingenieursgrafika en Ontwerp Vraestel 1 geskeduleer om op Woensdag, 05 November 2014 afgeneem te word saam met nie-amptelike Tale: Portugees HT, Portugees EAT en TAT Vraestel 2, Duits HT, EAT en TAT Vraestel 2 en Hebreeuse Vraestel 2.
|
3. |
Dit het egter onder die aandag van die DBO gekom dat daar leerders is wat beide Ingenieursgrafika en Ontwerp en 'n nie-amptelike Taal aanbied. |
4. |
Om die botsing soos verwys in paragraaf 3 te voorkom, het die DBO die Oktober - November 2014 NSS-rooster gewysig. |
5. |
Die gewysigde finale 2014 NSS-eksamenrooster is aangeheg. |
6. |
Dit is noodsaaklik dat prinsipale moet seker maak dat alle onderwysers en kandidate ingelig word van hierdie wysigings. |
GETEKEN: PA VINJEVOLD
HOOF: ONDERWYS
DATUM: 2014:04:01
|
|