1. |
Op 8 Februarie 2014, het die President van die Republiek van Suid-Afrika aangekondig dat die nasionale verkiesing op 7 Mei 2014 gehou sal word. |
2. |
Hierdie aankondiging het implikasies vir die 2014 Senior Sertifikaat (SS)-eksamenrooster wat ingevolge Omsendbrief 0003/2014, gedateer 17 Januarie 2014, uitgereik is. |
2.1 |
Arabies HG Vraestel 1 en Arabies HG Vraestel 2 sal nou op Dinsdag, 20 Mei en Donderdag, 26 Junie 2014 onderskeidelik, geskryf word. |
2.2 |
Inleiding tot Kriminologie SG sal nou op Donderdag, 26 Junie 2014 saam met Arabies HG Vraestel 2 geskryf word. |
3. |
Die gewysigde finale 2014 SS-eksamenrooster is aangeheg. |
4. |
Bring asseblief die inhoud van hierdie omsendbrief onder die aandag van alle kandidate wat beoog om die Mei-Junie 2014 Senior Sertifikaat-eksamen te skryf. |
GETEKEN: PA VINJEVOLD
HOOF: ONDERWYS
DATUM: 2014:03:31
|
|