1. Hierdie omsendbrief vervang alle vorige omsendbriewe in verband met graad Rsubsidies.

2. Verandering in aanwending van die graad R-subsidie
2.1 In die verlede moes die graad R-subsidie soos volg verdeel word:

  • 80% vir die slarisse van graad R-praktisyns
  • 20% vir leer- en onderrigondersteuningsmateriaal (LOOM) vir die graad Rleerders
2.2 Nadat verskeie versoeke ontvang is om die aanwending van die subsidie te heroorweeg, en na beraadslaging met verskeie VKO-betrokkenes, is verlof gegee om die aanwending van die 20% porsie van die subsidie te wysig. Hierdie 20% kan nou as volg aangewend word, en is onmiddellik van krag

  • 10% vir LOOM (vir binne- sowel as buitemuurse toerusting)
  • Die oorblywende 10% vir enige van die volgende:
    Elektrisiteitsgebruik, watergebruik, daaglikse bedryfskoste soos instandhouding en skoonmaak
2.3 Dit is ook belangrik om op te let dat die 80%, 10% en 10% verdeling nie geld vir openbare skole met minder as 20 leerders nie. Hierdie skole, wat 'n minimum subsidie van R72 000 per jaar ontvang, moet dit aanwend vir die salaris van die opvoeder, d.i. R5 000 per maand, en die oorblywende bedrag van R12 000 per jaar vir LOOM-aankope en daaglikse bedryfskoste.

3. Voorlegging van kwartaallikse aansoek om 'n subsidie
3.1 Die kwartaallikse aansoek om 'n subsidie moet uit die volgende bestaan:

  • Bylae A – Besonderhede van skool/terrein en aanbeveling van die distrikskantoor
  • Bylae B – Besonderhede van graad R-leerders
  • Bylae C – Kort finansiële staat van kwitansies en uitgawes
  • Bylae D - Sertifikaat van behoorlike finansiële bestuur
  • 'n Leesbare afskrif van die afgelope kwartaal se bywoningsregister van ingeskrewe leerders
  • 'n Drukstuk van die inrigting se SOBIS-verslag
  • Afskrifte van getekende salarisadviese
  • Gewaarmerkte fakture en kwitansies van alle LOOM-aankope, soos genoem in paragraaf 2 hierbo.
3.2 Skole wat bystand verlang met die voltooiing van die subsidie-aansoekvorms kan die IBB VKO-bestuurder by hulle onderwysdistrikskantoor skakel.

4. Voorleggingdatums vir 2013 subsidie-aansoeke

Die kwartaallikse aansoeke om subsidies vir 2013 moet voorgelę word aan plaaslike onderwysdistrikskantore teen die volgende datums:

Skoolkwartaal Voorleggingsdatums
Eerste kwartaal 2013 15 Februarie 2013
Tweede kwartaal 2013 10 Mei 2013
Derde Kwartaal 2013 9 Augustus 2013
Vierde kwartaal 2013 25 Oktober 2013

5. Openbare skole word versoek om seker te maak dat alle graad R-praktisyns se besonderhede ingesleutel is op die Jaarlikse Opname-vorms, sowel as op die Mensekapitaal-verlofbestuurstelsel.

6. Onafhanklike skole met graad R-klasse word daaraan herinner dat die Jaarlikse Opname-vorms ingevul en teruggestuur moet word teen 31 Maart van elke jaar. Skole wat nie hieraan voldoen nie, sal nie hulle graad R-subsidie ontvang nie.

7. Om die beste belange en veiligheid van leerders te verseker, word hoofde van inrigtings en beheerliggame versoek om die aanwysings van WKOD-omsendbrief 0046/2004 van 9 Augustus 2004, na te volg. Hierin word die beleid vir die toelating van pregraad R- en graad R-leerders tot gewone openbare skole uiteengesit.

8. Bring asseblief die inhoud van hierdie omsendbrief onder die aandag van alle persone wat by VKO-klasse betrokke is.


GETEKEN: PA VINJEVOLD
HOOF: ONDERWYS
DATUM: 2012:10:19