1. |
'n Lys van die omsendbriewe wat gedurende die jaar 2010 deur die Wes-Kaap Onderwysdepartement (WKOD) uitgereik is, is aangeheg. |
2. |
Omsendbriewe word in e-posformaat versend. Indien omsendbriewe aanhangsels het wat nie per e-pos versend kan word nie, word drukstukke beskikbaar gestel. |
3. |
Skole, instellings en amptenare moet hulle e-pos gereeld nagaan, aangesien omsendbriewe noodsaaklik is vir die doeltreffende funksionering van die WKOD. |
4. |
Skole, instellings en amptenare moet elektroniese leêrs("folders") vir die bewaring van hierdie omsendbriewe op hulle rekenaars skep. Hierdie omsendbriewe moet op rekord gehou word vir solank as wat hulle geldig is. |
5. |
Omsendbriewe wat sedert die begin van 2003 uitgereik is, is ook beskikbaar op die WKOD se webblad http://wced.wcape.gov.za/circulars/index-circmins.html. |
6. |
Bring asseblief die inhoud van hierdie omsendbrief onder die aandag van alle betrokkenes. |
GETEKEN: PA VINJEVOLD
HOOF: ONDERWYS
DATUM: 2011:02:17
|
|