Senior Fase
In 2011 en 2012 sal skole die toepaslike Nasionale Kurrikulumverklaring, graad R - 12 beleidsdokumente gebruik vir die bestaande agt vakke in die Senior Fase, nl.
- Tale
- Wiskunde
- Natuurwetenskappe
- Lewensoriëntering
- Sosiale Studies
- Tegnologie
- Kuns en Kultuur
- Ekonomiese en Bestuurswetenskappe
Ingevolge die Regeringskennisgewing no 349 in die Staatskoerant No 33160 van 6 Mei 2010, is Gemeenskaplike Take vir Assessering (GTA's) soos bepaal in die beleidsdokument, Nasionale beleid oor die assessering en kwalifikasies vir skole in die Algemene Onderwys en Opleidingsband, gestaak.
Skole is aangeraai om hulle eie interne eksamens in plek van die GTA's op te stel. Distrikte het die nodige ondersteuning verskaf t.o.v. moderering. Verwys asseblief na Omsendbrief no. 0016/2010 "Algemene Onderwys en Opleidingkwessies vir 2010" vir meer besonderhede in hierdie verband.
In 2013 sal die volgende vakke aangebied word ooreenkomstig die KABV:
- Tale
- Wiskunde
- Natuurwetenskappe
- Lewensoriëntering
- Sosiale Studies
- Tegnologie
- Kuns en Kultuur
- Ekonomiese en Bestuurswetenskappe
Distrik- en hoofkantoorpersoneel sal skole in 2011 en 2012 ondersteun met behoorlike beplanning vir opstel van roosters en toewysing van onderwysers vir die bogenoemde vakke.
|