1. |
Die Wes-Kaap Onderwysdepartement (WKOD) het, oor die afgelope paar jaar, sekere aanstellings van aflospersoneel vir staatsdiensondersteuningspersoneel vir kort periodes goedgekeur, ingevolge die bepalings in Deel III, Afdeling G van die Staatsdiensregulasies van 2001. Die kostes wat gepaard gegaan het met hierdie addisionele aanstellings is uit die WKOD se personeelbegroting gedek. |
2. |
Let asseblief daarop dat die voorsiening van aflospersoneel vir staatdiensondersteuning nie volgens wet voorgeskryf is, soos die geval is met die voorsiening van skoolonderwysers nie. |
3. |
Ongelukkig, as gevolg van die huidige begrotingsbeperkings en die behoefte om uitgawes op personeel te prioritiseer, stel die WKOD hiermee alle hoofde van onderwysinrigtings in kennis dat, met ingang van 1 Oktober 2010, geen aansoeke om aflospersoneel vir staatsdiensondersteuning (buiten kontrak-aanstellings), oorweeg sal word nie. |
4. |
Bring asseblief die inhoud van hierdie omsendbrief onder die aandag van alle werknemers. |
GETEKEN: PA VINJEVOLD
HOOF: ONDERWYS
DATUM: 2010:08:31
|