1. |
Die toelatingsbeleid vervat in Omsendbrief 0040/2004 is hersien om die vereiste besonderhede vir die korrekte en tydige administrasie vir die toelating van leerders tot gewone openbare skole in die Wes-Kaap in te sluit. |
2. |
Die aangehegte beleid en prosedures vervang Omsendbrief 0040/2004 en is van toepassing op alle Wes-Kaapse gewone openbare skole vanaf 1 Januarie 2011. |
3. |
Hierdie beleid moet saamgelees word met die Leerderbywoningsbeleid. |
4. |
Skool prinsipale word versoek om hierdie beleid beskikbaar te stel aan alle belanghebbendes, veral aan alle beheerliggaamlede en alle personeellede by die skool. |
GETEKEN: PA VINJEVOLD
HOOF: ONDERWYS
DATUM: 2010:08:24
|