|
Die Gehalteleer en -onderrig-veldtog (GLO-veldtog) roep alle individue en organisasies op om verantwoordelikheid te neem vir die verbetering van die gehalte van die onderwys. . Die Wes-Kaap Onderwysdepartement ondersteun die veldtog ten volle. Die GLO-veldtog beoog om
- burgers in te lig aangaande die belangrikheid van die onderwys en hulle rol, verantwoordelikhede en verpligtinge teenoor die onderwys.
- gemeenskappe te mobiliseer om skole, onderwysers en leerders te moniteer en te ondersteun; en
- die gehalte van die onderwys van alle kinders te verbeter, veral die armes, en om hierdie verbeterde gehalte deur leerderprestasies te demonstreer.
|
|
Die prestasies van gehalteonderwys vir almal hang af van die aksie van departementele beamptes, skoolhoofde, onderwysers, leerders, ouers en lede van die gemeenskap Hulle almal word opgeroep om 'n verbintenis te maak tot die Kode vir Gehalteonderwys, wat die verantwoordelikhede en dissipline wat van hulle verwag word, beskryf. Die Kode vir Gehalteonderwys is aangeheg. |
|
Hierdie omsendbrief kondig die bekendstelling van die veldtog in die Wes-Kaap aan. Die bestuur- en leierskapstrukture van elke skool en distrik word versoek om hierdie inligting te deel met hulle skoolgemeenskap en om die Kode vir Gehalteonderwys soos gedemonstreer in al ons planne en bewegings te ondersteun. |
GETEKEN: PA VINJEVOLD
HOOF: ONDERWYS
DATUM: 2010:07:07
|