1. |
Die nasionale Departement van Basiese Onderwys het in Omsendbrief S1 van 8 April 2010 aangekondig dat die graad 9 GTA's beëindig is met onmiddellike effek en dat die provinsiale onderwysdepartemente opdrag ontvang het om die vorm van assessering te bepaal wat die 25% eksterne komponent van die graad 9-bevorderingspunt gaan uitmaak. |
2. |
Alle skole in die Wes-Kaap wat graad 9 aanbied, moet hulle eie eksamenvraestelle opstel vir November 2010. Hierdie eksamens sal 25% tel van die bevorderingspunt. Onderwysers van die onderskeie leerareas is verantwoordelik vir die opstel van die eksamenvraestelle wat deur die betrokke departementshoofde gemodereer moet word. |
3. |
Om skole by te staan sal kurrikulumbeplanners van die WKOD skole voorsien van voorbeeld-eksamenvraestelle in die eerste week van die derde skoolkwartaal. Moontlik wil u ook u kurrikulumadviseur nader om bystand met die opstel en moderering van vraestelle. |
4. |
Die WKOD moedig alle skole aan om die vierde kwartaal optimaal vir onderrig, leer en hersiening te benut. |
GETEKEN: PA VINJEVOLD
HOOF: ONDERWYS
DATUM: 2010-05-10
|